Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Uitsaaines.co.za
Friday, September 03 2010 @ 03:33 PM CDT

Welkom by Uitsaaines Live!

ALGEMEENWelkom by die enigste onafhanklike Afrikaanse Radiostasie op die Internet, jou gunsteling in Afrikaans, Uitsaaines Live!! Ons saai uit, wereldwyd, op 'n internet lyn naby jou, so, skakel in, en geniet Afrikaans, Afrikaanse musiek, en Afrikaanse programme, met jou skoene uitgeskop, verkieslik 'n glimlag op jou gesig, en jou liefde vir Afrikaans op die voorpunt, kan jy nou in weelde ontspan, en inluister. Uitsaaines Live is nou amper drie jaar oud, en is die inisiatief van Kraaipromosies, wat daarop uit is om onbekende Afrikaanse kunstenaars te help met 'n hupstoot. Daarom sal jy ook na musiek kan luister op Uitsaaines Live, wat jy nie normaalweg op jou konvensionele radiostasie gaan hoor nie.

Uitsaaines Live behoort aan sy luisteraars, en word op die oomblik privaat gefinansier deur Kraaipromosies, asook hier en daar 'n borg of donasie wat van die luisterpubliek ontvang word. Die langtermyn plan is natuurlik om meer adverteerders te werf, wat gaan beteken dat ons Uitsaaines Live gaan uitbou tot jou Afrikaanse radiostasie van die toekoms. Hierdie is maar net die begin. Ons omroepers, of program aanbieders, bestaan uit mense vanoor die hele aardbol. Kyk gerus na hulle op die omroepers blad, leer hulle ken, en ondersteun hulle met jou terugvoer. Die amptelike radio se kletskamer is baie gewild, en dit is ook hier waar baie van die luisteraars bymekaarkom om mekaar beter te leer ken. Gaan maak daar 'n draai, teken in, en gesels saam. Tydens lewendige radioprogramme, kan julle ook met die omroeper, of program aanbieder daar gesels. Baie van die kunstenaars wie se musiek op Uitsaaines Live gespeel word, is ook partykeer daar, en jy kan dan ook sommer dalk jou gunsteling kunstenaar so ontmoed. Hierdie webblad, word onderhou deur die eienaars van Kraaipromosies.co.za, Goggaweb.com, Posbus.com, Afrikaansnet.co.za, en Loer, die Afrikaanse soekenjin.

13 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Schalk W. Swanep aan Sunday, July 08 2007 @ 02:38 AM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Dagse, Raymond!

Nie seker of my E-pos na die regte adres toe gestuur is nie ... jy sal dit by admin@uitsaaines kry.

Groete,
Schalk Swanepoel
Geskryf deur: Csaba aan Monday, July 23 2007 @ 04:16 PM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Hi,

Dit is mijn eerste bericht op uw site. Helaas ben ik geen Afrikaanstalig maar ik ben geinteresseerd in deze taal. Ik ben een Hongaar, en door het Nederlands kan ik bijna alles op deze site begrijpen. Ik vind het een leuk idee om van het internet gebruik te maken. 2-3 jaren geleden zou ik er toch urenlang turen om een Afrikaans internetradio te kunnen vinden.
Het Afrikaans kreeg niet veel mediaaandacht gedurende de afgelopen 10 jaren, en ook hier dachten ze dat het door het Engels achtergesteld zou worden.
In de toekomst zal ik probeeren om in het Afrikaans te schrijven, nu ik wens u veel success met deze project.
tot gauw,
Geskryf deur: Denis in China aan Saturday, March 15 2008 @ 08:45 PM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Dit is Sondagoggend in China,dit is my eerste dag dat ek luister na my Afrikaanse musiek.my vel word hoedervleis...Ai Ai...ek is bly ek is Afrikaans....Die musiek is baie duidelike en skoon sonder breuke in die musiek nie....Dankie julle wat die werk doen..Gods rykste seen aan almal van julle.....Dankie...Denis
Geskryf deur: andriesjvdw aan Tuesday, April 29 2008 @ 04:41 AM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Kan jy my laat weet hoeveel band wydte die radio stasie gebruik. Ek het nie 'n groot paket met die ADSL nie maar wil graag meer luister.

Andries
andriesjvdw@gmail.com
Geskryf deur: pokkels aan Monday, June 02 2008 @ 07:17 AM CDT Rock stasie
Hi Kraai!!!!!!!!

Wil net sê julle ROCK!!!!!!!!!!!!!!!

Pokkels
Geskryf deur: cecilia aan Wednesday, June 18 2008 @ 03:12 AM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Uitstekende radio hou so aan met die lekker musiek dit maak nou my dag en verminder die verlange huistoe.groete uit madeira
Geskryf deur: Willie Wakkermaa aan Thursday, October 30 2008 @ 01:33 PM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Ek luister vir die eerste keer en Jean, baie mooi en baie goed! Lekker Kraai!

Ek het al op Orania geslaap. Bietjie van 'n bedelaarsmentaliteit wat ek ondervind het. Niks anders as enige ander gemeenskap onder die ysterhand van die ANC regering met 'n ander uniform nie.

Hulle ontwikkel en hervorm konstant maar die afstand behaal met elke projek is nie juis iets om oor huistoe te skryf nie.

Goeie beginsels word wel gepromofeer en op die langtermyn iets waarby almal kan baatvind.

Geskryf deur: Willie Wakkermaa aan Thursday, October 30 2008 @ 01:43 PM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Is daar plek vir Afrikaner ateiste?
Geskryf deur: Willie Wakkermaa aan Thursday, October 30 2008 @ 01:47 PM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Wat van die reg van vrye assosiasie? Sou Orania nie die perfekte proefkonyn daarvoor wees nie?
Geskryf deur: Willie Wakkermaa aan Thursday, October 30 2008 @ 01:52 PM CDT Welkom by Uitsaaines Live!
Was Dr Verwoerd as gebore Hollander nie maar eintlik 'n volksvreemde figuur nie? Hy het geen bloed gesweet vir die land nie!
Geskryf deur: patagonia aan Friday, May 22 2009 @ 10:52 AM CDT Welkom by Uitsaaines Live!

Aggenee hoekom skryf niemand iets nie of wat gaan aan. Op my rekenaar is daar net ou briewe. Miskien moet ons omroepers die mense aanpraat om te skryf. Ek is nou nuut hier op julle stasie woon in Argentinie. Kom ons skryf n bietjie. Of wat praat ek als.

Baie groete

Pieter Jordaan

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Help ons!

ADVERTEER HIER!

Kraaipromosies

Hulpstaaf

Gebeurtenisse

There are no upcoming events

Uitsaaines Winkel