
Vanaf Donderdag om 12:00 sal Raymond lewendig op die lug wees met musiek en nuwejaars boodskappe tot om 16:00, SATyd.
Stuur julle boodskappe aan studio@uitsaaines.co.za tydens hierdie sessie, of bel dit in na 0879416088.
Om 16:00 neem Silvia die mikrofoon oor by Raymond, vir musiek en jou boodskappe tot en met 22:30 SATyd. Jy kan tydens Silvia se uitsending jou boodskappe na haar epos by silvia@uitsaaines.co.za.
Dan is dit Quinten se beurt om die mikrofoon weg te neem vanaf Silvia af, en sal hy ons deurvat tot en met 1 Januarie 2010, om 07:00 SATyd. Jy kan jou boodskappe gedurende Quinten se uitsending stuur aan q@uitsaaines.co.za.
Vanaf 1 Januarie 2010 om 07:00 SATyd, kry Silvia weer 'n beurt tot en met 11:00, waarna ons hoop dat Quinten weer op en wakker gaan wees om die maraton uitsending af te sluit met sy laaste uitsending vanaf 11:00 tot 13:00 SATyd.
Uitsaaines maak graag ook van hierdie geleentheid gebruik om aan al sy luisteraars baie voorspoed toe te wens vir die jaar 2010, en bedank julle hartlik vir julle getroue en lojale ondersteuning.
Ons gaan in 2010 splinternuwe programme begin, waarna elkeen kan uitsien, hou gerus die webblad en twitter dop vir aankondigings hieroor!







Verwante Artikels