Help ons Bou
Hierdie is ons donasie muur. Uitsaaines se uitgawes oorskry baie ver die inkomste, en ons het jou hulp nodig om ons te help bou aan ons radiostasie. Dit is nie verpligtend vir enige een om enige iets te skenk aan ons nie. Uitsaaines bly 'n gratis diens aan sy luisteraars. Vrywillige skenkings is dus wat ons onbeskaamd vra, omdat ons regtig nie weet hoe lank ons nog sal kan volhou, om hierdie diens te bied, uit ons eie sakke nie. As jy dus voel jy is in staat om aan ons 'n maandelikse bydrae te maak, soos in 'n vaste maandelikse bedrag van byvoorbeeld R 50.00, sal ons jou ewig dankbaar wees, en jou naam op ons muur aanbring. Help ons bou aan hierdie muur, en help ons om aan julle 'n kwaliteit diens en programme te bly bied. Vir besonderhede oor hoe om jou maandelikse bydrae te maak, epos ons by studio@uitsaaines.co.za, waarna ons aan jou ons SA Bankbesonderhede sal verskaf. Jy kan dan reel met jou bank om maandeliks per aftrekorder jou donasie aan ons oor te betaal. Luisteraars buite SA kan eenvoudig net op ons donasie knoppie druk, en met paypal reel vir 'n maandelikse outomatiese oorbetaling. Help ons bou, kom sit jou naam hier op die muur.
Hiermee ook 'n groot dank aan almal wat voorheen al aan ons skenkings gedoen het, julle het baie gehelp dat ons kon kom waar ons vandag is.














Argentinië in Afrikaans deur Laurik International waar ons u kan help met besigheids-, of plesiersbesoeke, landbou toere en alles om Argentinië maklik te maak.

