Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Uitsaaines.co.za
Wednesday, September 08 2010 @ 08:45 PM CDT

Studio 1 Tel nommer

Skakel die Ateljee by 087 941 6088 vanuit SA, of +27 87 941 6088 vanuit Buiteland tydens inbel programme

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Lewendige uitsendings beinvloed deur internet verbindings

ALGEMEENBeste Luisteraar

Ons ondervind tans konneksie probleme vanuit Suid-Afrika, weens kabelherstelwerk wat Seacom uitvoer op ons oorseese verbindings. Indien daar van ons lewendige uitsendings dus nie plaasvind nie, vra ons om verskoning vir enige ongerief. Indien dit enigsins moontlik sal wees om verbinding te bewerkstellig, sal ons skedules normaal voortgaan. Seacom verwag om teen Vrydag die probleem uitgesorteer te kry, maar dit is nie defnitief nie.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Asjas Afrikaanse Kinder Radio

ALGEMEENUitsaaines het sopas 'n splinternuwe Radiostasie gestig vir Kinders, genaamd Asjas Afrikaanse Kinder Radio. Die doel daarvoor is om ons kinders in die buiteland veral, nie te vervreem van Afrikaans nie. Dus, waar jy jou ookal mag bevind, indien jou kinders besig is om Afrikaans as hul moedertaal te verloor as gevolg van hul omgewing, laat hulle gerus na Asjas Afrikaanse Kinder Radio luister. Jy kan dit kry by www.asjas.co.za
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Suid-Afrikaners

ALGEMEEN

 

Welkom by Suid-Afrikaners.co.za. Suid-Afrikaners is 'n Familievriendelike webwerf vir Afrikaanssprekendes van oor die hele Wereld.

 

Liewe Uitsaaines Luisteraars,

 

Besoek en gaan registreer gerus op ons splinternuwe Afrikaanse Facebook, naamlik Suid-Afrikaners. Suid-Afrikaners is net soos facebook, maar in Afrikaans, vir Afrikaans, want ons smaak Afrikaans. Word deel van Suid-Afrikaners en nooi ook al jou vriende en familie om te kom aansluit. KLIK HIER om na Suid-Afrikaners te gaan. Ons het ook daar 'n spesiale Uitsaaines Groep waarby jy kan aansluit! Sien julle by Suid-Afrikaners.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Die toekoms van Uitsaaines!

ALGEMEEN

Beste Luisteraars

Ons het 'n lang bepeinsing gehad oor die toekoms van Uitsaaines Radio, meestal oor die finansiele impak wat dit aan ons gee. Ons het tot 'n slotsom gekom dat dit onmoontlik raak vir ons om langer hierdie dienste te kan verskaf, uit ons eie sakke, tesame met 'n paar donasies wat ons gereeld ontvang. Dit het net eenvoudig te duur geword, en Uitsaaines se dienste kan nie uitbrei en sal stagneer sonder die nodige finansies om dit interessant, uniek en volwaardig te hou.

Daar is 'n paar luisteraars wat ons gereeld ondersteun met hulle vrywillige bydraes, en ons is baie dank verskuldig aan hulle. Eintlik is die hele gemeenskap van 1000de lede hier aan daardie paar donateurs dank verskuldig, want saam met hulle dra ons almal.

Ons kan egter nie langer so voortgaan nie, dit beinvloed ons finansies in so 'n mate dat ons families ook daardeur begin swaarkry. Iewers moet ons nou 'n streep trek.

Ons is eerder bereid om 1000de luisteraars te verloor en slegs aan te gaan met die wat bereid is om 'n maandelikse subskripsie te betaal, dan weet ons ten minste dat daardie wat bereid is om te betaal, wel werklik ondersteuning hier bied en hierdie saak help lonend maak aan ons, en hulle, anders sal ons op 'n stadium maar net alles so moet opgee.

Daar is geweldige uitbreidings potensiaal wat hierdie dienste wat ons bied die beste en mees uniekste ter wereld kan maak, maar ons kan nie sonder die nodige finansies enige plek daar uitkom nie.

Ons het 'n poll begin, waarop jy kan aandui of jy bereid sal wees om 'n klein maandelikse bydrae te betaal om van Uitsaaines se dienste te kan gebruik maak. Gaan stem asseblief daar sodat dit ons 'n beter aanduiding kan gee van hoe julle dink.

Die link na die poll is hier:KLIK HIER

Lewer ook hier onder jou kommentaar.

Dankie julle

Groetnis

Kraai, Jacques en Hanlie

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Ys op ons Toring

ALGEMEEN

YS OP ONS TORING

 

Luisteraars wat nog nie bewus is daarvan, dat nadat ons die uitsaai studio verskuif het gedurende April 2009, ons absoluut afhanklik is van hierdie toring om ons uitsaaidiens aan almal te kan bring. Die winter in hierdie deel van die Vrystaat waar ons is, is gladnie vriendelik met ons, of met hierdie toring nie. Vandag was ons heeltemal afgesny vir die grootste deel van die dag, as gevolg van ys wat op die toring, die panele en plante rondom dit gevorm het, tot so 10 cm lae ys.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Afrikaanse nuus om 21:00, 23 Junie 2009

ALGEMEEN'n Vrou en twee rowers is Dinsdagoggend in 'n huis in die Kaapse kusdorp Kleinmond doodgeskiet. Die 34-jarige huiseienaar het twee mans by sy vrou in sy huis aangetref nadat hy sy kinders by die skool afgelaai het, het kapt. Bernadine Steyn gesê. Die twee het glo by die voordeur ingekom. "Die mans het die eienaar met vuurwapens aangehou en geld geëis." Die man het die twee glo na sy slaapkamer geneem onder die voorwendsel dat hy daar vir hulle geld sou gee. Die man het egter sy vuurwapen gekry en 'n skietery het tussen hom en die booswigte uitgebreek. Sy vrou is kritiek gewond voordat hy altwee die mans doodgeskiet het. Die vrou is later in die hospitaal dood, het Steyn gesê.

Die regterhand en linkerbeen van vier Somaliese tieners word dalk vanoggend afgesny nadat hulle in ’n Islamitiese sjaria-hof aan selfoondiefstal skuldig bevind is. ’n Ad hoc-hof van dié groep in hul kamp in Mogadisjoe het die vier tieners gister tot kruis-amputasies (’n hand aan een kant en ’n been aan die ander) gevonnis, het die menseregtewaghond Amnestie Internasionaal (AI) gisteraand in ’n verklaring gesê. Die vier het glo skuld beken, maar het blykbaar nooit toegang tot regshulp gehad nie. AI het gisteraand dringend gevra dat die amputasies nie moet voortgaan nie.

Die legendariese Al Debbo, wat gister sy 85ste verjaardag by sy huis in Bloemfontein gevier het het gese hy is nou is 85, maar gaan 112 word. Een van die oudste mense ter wêreld. Hy het altesame 20 rolprente van 1948 tot 2004, verskeie albums met trefferliedjies (plate en CD’s) en tallose radio- en televisie-optredes op sy kerfstok. Vir sy bydrae tot Afrikaanse vermaak is hy in 1999 deur die ATKV vereer. Hy is ook die ontvanger van ’n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (Sama). Eerskomende Saterdag kry hy in Bloemfontein saam met 24 ander uitblinkers ’n Eeufeesmedalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk het gister gesê boerkas, kledingstukke wat Moslem-vroue van kop tot tone bedek en hul gesigte verdoesel, het geen plek in dié land nie. Hy het gesê dié kledingstukke is ’n teken van die onderdrukking van vroue. Die boerka is ’n teken van die onderwerping van vroue. Dit is nie welkom in ons land nie,” het hy onder luide applous gesê. – Reuters.

Die dodetal in vanoggend se treinongeluk in Washington in Amerika het tot nege gestyg. Aanvanklik is bekendgemaak dat ses mense gesterf het toe twee moltreine in die Amerikaanse hoofstad teen mekaar gebots het. Die burgemeester van Washington, Adrian Fenty, het die ongeluk as die ergste in die geskiedenis van Washington se spoorwegstelsel beskryf. 'n Voorstedelike trein het op 'n buitespoor teen 'n stilstaande trein vasgery. Die ongeluk het naby die Fort Trotten metrostasie plaasgevind.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Ons salueer jou pappa

ALGEMEEN

Ek wil graag al ons vaders en manne uitnooi saam met julle families om na my program te luister Sondag.   1 - 2 uur die middag (s.a. tyd)     Gaan na www.uitsaaines.co.za en klik op radio.   Ek glo almal sal die program geniet, net soos ek dit geniet het om dit te gedoen het.  Luister asseblief die volle uur.......... dit is die MOEITE werd.... :-))))   Pappas ons is liewer vir julle as wat julle besef, julle is die BESTE!

 

Ook aan al ons luisteraars, ek weet nie of julle besef hoe spesiaal julle dit vir my gemaak het om elke week saam met julle in jul huise te kon kuier het nie.   Baie dankie weereens aan elke lieflike persoon wat BOS ROSE NET VIR JOU moontlik gemaak het.

 

So wil ek ook 'n groot spesiale dank aan Raymond en Hanlie betuig vir hul onbaatsugtige liefde en harde werk om so 'n wonderlike radiostasie moontlik te maak.

 

Ek wil tog graag  'n versoek rig aan julle elkeen indien julle kan om 'n bydrae te lewer aan die radiostasie, gaan loer gerus by

www.uitsaaines.co.za, 'jou nasie se stasie'..... ons moet Afrikaans help groei mense........ ons is mos trots op ons land, taal en kultuur.

 

En dan wil ek ook tog vra dat julle asseblief al die radio omroepers sal ondersteun, onthou daar gaan ure se liefde en werk om 'n program voor te berei.  Almal doen dit vrywillig, die bestuurders ingesluit.   Kom ons waardeer die harde werk en ure van ons omroepers........dit is nie altyd maklik as jy ook 'n familie en kinders het wat jou aandag nodig het nie.

 

Ek het dit geweldig geniet om saam met al die omroepers te gewerk het......hulle is almal kosbaar soos goud, persone met wonderlike karakter en 'n hart vol liefde en omgee.

 

As gevolg van ons skedule moes ek eers nou die tuig neerle agv twee Internasionale Uitruil Studente wat vir ons die volgende jaar baie besig gaan hou.   Hulle land al die 1ste Augustus in ons tuisdorp....en ons sien baie uit om weer "ma" en "pa" te kan wees........ So dink gerus aan ons.   Stuur maar gerus so wan en dan die briefies........ en laat weet hoe dit gaan.

 

Miskien verlang ek so baie terug na julle, dat ek dalk weer binnekort terug op die lug sal wees.

 

Lieflike seenwense vir julle

 

Baie liefdegroete

 

Marli Thomas

BOS ROSE NET VIR JOU

 

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Nuusbrief aan lede

ALGEMEEN

Dagse Almal

Ons hier by Uitsaaines hoop julle luisteraars het sommer almal 'n heerlike jaar tot dusver. Kan julle glo hierdie jaar is al omtrent halfpad?

 

Ons maak graag van hierdie geleenthieid gebruik om vir Tessa, ons nuutste aanbieder hier op Uitsaaines, te verwelkom. Tessa het sopas begin, met twee programme, naamlik "Wedvlugduiwe met Tessa" wat ons meer leer van hierdie sport soort, asook goeie inhoud het vir alle duiweboere, en dan bied sy ook "SPIN" aan, wat staan vir: Spesiale Persone in Nood" Tessa se wedvlugduiwe program word uitgesaai op Maandae om 13:00, met 'n herhaling op Saterdae om 09:00 SA Tye, en die SPIN program word op Woensdae om 15:00 SA tyd uitgesaai. Ons wens Tessa alle voorspoed toe met haar programme.

 

Dan moet ons ook weer afskeid neem van Janie, wat haar PIZZA winkel moet bedryf gedurende die somermaande daar in Spanje, en ons glo ons sal haar weer terugsien wanneer Spanje se wintermaande aanbreek. Die goeie nuus is dit Silvia vanuit Holland 'n program aanbied op Woensdae aande vanaf 19:00 SA Tyd in Janie se plek. Sy noem die program "Safari" en die terugvoering vanaf die eerste program waarmee sy laasweek begin het, was baie opgewonde positiewe terugvoer, dus, geluk aan Silvia en baie dankie vir dit.

 

Ons neem ook Afskeid van Marli, wat volgende Sondag haar laaste "Bos Rose vir jou" program gaan aanbied. Werksdruk en 'n besige lewe het haar ongelukkig genoodsaak om eers die program aanbieding te staak, en ons almal hoop werklik dit sal net tydelik wees, en dat Marli gaan terug wees eersdaags met haar goeie gehalte en insiggewende bydraes hier op Uitsaaines.

 

Dan is Jacques van Japan ook weer terug na sy lekker vakansie, en ons sien uit daarna om sy stem weer daagliks te hoor om 12:00 SA Tyd. Blykbaar het Jacques baie lekker gekuier in sy eie tuisland, naamlik die VSA, maar ek verneem hy is ook bly om terug te wees in Japan.

 

By Uitsaaines onderneem ons om gedurig aan ons luisteraars kwaliteit programme aan te bied, en ons is baie dankbaar vir al ons toegewyde omroepers wat dit moontlik maak. Dit verg baie tyd, en is nie so maklik as wat dit klink wanneer mens hulle op die radio hoor nie. Ure se werk gaan in een program in, voordat dit kan uitgesaai word. Al ons omroepers doen natuurlik hierdie werk op hulle eie onkostes, en ons is dankbaar aan elkeen van hulle.

 

Dan is daar julle, ons gewaardeerde en gereelde luisteraars, wat aanhou radio luister, wie ons ook moet bedank, want sonder julle as luisteraars, het ons niemand om voor uit te saai nie. Het julle geweet dat daar tans meer as 10 000 rekenaars per maand ingeskakel is? As mens dink aan 'n gemiddelde gesin van 3, maak dit dat ons maklik meer as 30 000 luisteraars het. Ons luister getalle groei dus net opwaarts die afgelope 3 jaar, baie dankie aan elkeen se ondersteuning.

 

Graag wil ons ook hierdie geleentheid gebruik om aan ons luisteraars borge wat aan ons donasies gee, ook baie dankie te se. Daar is 'n paar luisteraars wat gereeld aan ons 'n donasie gee, hoe gering of hoe groot ookal, weet net dat dit geweldig baie help om ons radio se kostes te help dra. Sonder daardie paar donasies, hoe ongereeld of gereeld hulle ookal inkom, sou ons lankal hierdie radiostasie moes sluit. Die maandelikse onkostes om op die lug te bly, 24/7 het lankal al te veel geraak vir ons om dit sonder hulp te kan bekostig, en dit is tewyte aan die feit dat ons so mooi groei die afgelope 3 jaar. Om 10 000 rekenaars ingeskakel te hou, gebruik nogal 'n aardige hoeveelheid bandwydte op ons radio bediener, en ons almal weet hoe duur bandwydte is.

 

Uitsaaines moet ook voorsiening maak vir die toekoms, want ons bly groei, en ons wil dit graag so he, om te bly groei. Internet Radio is sterk oppad om tradisionele FM radio te vervang, en ons sal eers tevrede wees wanneer almal wat Afrikaans wil hoor, eendag op Uitsaaines ingeskakel is. Dan werk ons ook huidiglik aan nog meer kwaliteit programme, wat teen groot kostes vervaardig moet word, om julle luistergenot so heerlik as wat ons kan bekostig, te maak. Daarom moet ons ook 'n beroep doen op al ons luisteraars, onder die van julle wat werklik kan, om ons geldelik te help hiermee. Ons weet dat al 10 000 ingeskakelde rekenaars nie almal in 'n posisie is om te kan bydrae nie, daarom beroep ons op julle wat dalk werklik in staat is om 'n R 10.00 of wat ookal per maand te help bydrae aan ons onkostes. Enige bedrag sal help. As slegs 100 van die 10 000 in staat is om te help, sal dit ons op die lug kan hou, sonder om bekommerd te raak wanneer maandeinde aanbreek en die volgende maand se geskatte dataverbruik en bedienerkostes moet oorbetaal word. Huidiglik gaan dit letterlik van een maand na die volgende, met baie naelkou oomblikke om die kostes bymekaar te kry. Indien jy vanaf SA luister, kan jy bloot net 'n epos stuur aan ons by:

 

studio@uitsaaines.co.za en ons sal aan jou ons SA Bankbesonderhede verskaf. Indien jy vanaf enige ander werelddeel inluister, kan jy bloot net na ons webwerf gaan by:

 

www.uitsaaines.co.za en aan die linkerkant sal jy ons Paypal donasie skakel sien.

 

Onthou, donasies is nie verpligtend vir enige een nie, want Uitsaaines bly 'n gratis diens aan sy luisteraars, maar help ons asseblief as jy kan, baie dankie daarvoor.

 

Met die winter wat in SA nou in volle gang is, kyk ons so half beneidingswaardig na die noordelike halfrond en ons hoop ons luisteraars daar geniet hulle kort somer sommer baie, en dat die son heerlik sal skyn op julle, sodat julle ook bietjie kan sonbrand en bruiner word. Dan hoop ons ook dat die winter in die suidelike halfrond nie te erg is vir ons ander nie, en dat die somer gaan aanbreek voordat ons eie bruingebrande lywe weer te bleek geword het.

 

Voorspoed vir die 2de helfte van die jaar aan almal van julle.

 

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Ons nuwe Tel nommer in Ateljee

ALGEMEEN

NUUSFLITS!!

 

Ons het intussen dit uiteindelik reggekry om 'n plaaslike SA landlyn te bekom om oproepe na die Ateljee te kan neem. Op sommige programme gaan ons nou dat luisteraars ook kan inbel, met boodskappe, soos op Maandae aande se versoek program om 21:00.


Die nommer in die ateljee is 087 941 6088 plaaslik in SA, of +27 87 941 6088 as jy vanaf 'n ander land wil inskakel na die ateljee.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Nuwe Boekvoorlesing

ALGEMEEN

Ons tweede boekvoorlesing

 

Die rykste man in Babilon, geskryf deur George S Claasen, en uitgegee deur Naledi Uitgewers

Ons begin hierdie boek voorlees op Maandag, 30 Maart 2009, om 18:30 SA Tyd. Maak seker jy is ingeskakel, om baie goeie sketse te volg uit die Babiloniese tydperk, wat op elkeen van ons se lewens vandag nog van toepassing is. As jou beursie leeg is, is hierdie boek vir jou.

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Help ons!

ADVERTEER HIER!

Kraaipromosies

Hulpstaaf

Gebeurtenisse

There are no upcoming events

Uitsaaines Winkel

Luister Radio!

Klik onder en luister, KANAAL EEN, ADSL hoespoed lyne, stereo kanaal.

Klik onder en luister, KANAAL TWEE, vir "Dial-up 56k modums" of stadiger spoed lyne, mono kanaal.

Laai Afrikaanse MP3's Af!

Die "Boere Generaal" is ook beskikbaar vir aflaai

Soek met Google

Custom Search

Skenkings

As jy van ons radiostasie hou, en graag 'n ietsie aan ons wil skenk, enige bedraggie is welkom, druk net op die "donate" knoppie.

Wie Kuier hier?

Besoekers: 8

AFRIKAANSE MAATS!

Wat is Nuut?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

TRACKBACKS laaste 2 dae

Geen nuwe trackback kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Media Gallery last 7 days

No new media items

Files last 14 days

No new files
No new comments

Poll

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

  •  Ja
  •  Nee
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 149 votes | 0 kommentaar
Klassieke Keur: Moet dit bly, of gly?

Moet Klassieke Keur wat Sondagaande om 21:00 SA tyd uitgesaai word, bly, of moet dit stop om plek te maak vir iets anders?

  •  Bly
  •  Gly
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 18 votes | 0 kommentaar
Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

  •  Oggende (SA Tyd)
  •  Tussen 12:00 en 14:00 (SA Tyd)
  •  Middae (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 18:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 20:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 22:00 (SA Tyd)
  •  Later in die Aande, na 23:00 (SA Tyd)
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 864 votes | 3 kommentaar