Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Uitsaaines.co.za
Wednesday, September 08 2010 @ 08:29 PM CDT

Studio 1 Tel nommer

Skakel die Ateljee by 087 941 6088 vanuit SA, of +27 87 941 6088 vanuit Buiteland tydens inbel programme

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Wat se die dokter, Finaal

LUISTER GERUS NA ONS FINALE PROGRAM 'WAT SE DIE DOKTER' WAT MAANDAG AAND 19h00 - 20h00 S.AFRIKAANSE TYD UITGESAAI SAL WORD. SKAKEL IN OP UITSAAINESLIVE.CO.ZA EN KLIK OP RADIO OM SODOENDE NA ONS PROGRAM TE KAN LUISTER.
ONS PROGRAM WORD OOK VIR OULAAS HERHAAL SATERDAGAAND 20h00 - 21h00 S.A TYD.
Ons wil al ons luisteraars bedank vir jul deelnames in ons programme. Ons sal jul voorwaar mis.

Sukses en Voorspoed aan almal.
Groete
Dr. Roger en Marli Thomas



ONTHOU OOK ONS KOMPETISIE WAT AAN DIE EINDE GEKOM HET. LUISTER AANDAGTIG NA DIE PROGRAM WANT ONS 10DE EN FINALE KOMPETISIE VRAAG WORD DIE WEEK GEVRA. ONS HERHAAL OOK AL 10 VRAE VAN VOORAF VIR DIEGENE WAT NIE NA AL ONS PROGRAMME KON LUISTER HET NIE. HIER VOLG DIE VRAE :

1. Wat is die straatnaam van DXM (Dextromethorphan)?
2. Op watter deel van die liggaam kry jy "lagpootjies" ?
3. Is dit verpligtend in die VSA om 'n valhelm te dra as jy fietsry?
4. Noem een van die moontlike "gevare" in ouersorgsentrums?
5. Noem een tipe mishandeling teenoor bejaardes wat wel gebeur?
6. Noem een aspek wat jy kan doen om hartsiektes te help vermy ?
7. Wat is jou regte as pasient, noem 1 reg wat jy as pasient het?
8. Noem 2 toetse wat noodsaaklik vir jou is om jaarliks te laat doen?
9. Gee ons 1 spier of asemhalings tegniek om jou te help ontspan?
10. In watter twee tale was 'WAT SE DIE DOKTER' uitgesaai?

GOEIE NUUS : ONS HET DAN OOK BESLUIT, BUITEN DIE GROOT PRYS VAN N PRAGTIGE NOODHULPTAS TER WAARDE VAN $80.00 DAAR OOK 2 TROOSPRYSE SAL WEES VIR DIE 2 NAASWENNERS, WAT BEIDE OOK KLEINER NOODHULPTASSIES MET INHOUD INSLUIT.
Onthou om in te skakel. VOORSPOED EN SUKSES!

Die sluitingsdatum vir die kompetisie sluit 31 Augustus 2008. Die beslissing is finaal en geen verdere kommunikasie sal daarna gevoer word nie.

Rig al 10 jul antwoorde aan :

watsediedokter@posbus.com met volledige naam, van, posadres, telefoonnommer, en eposadres
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Wat se die dokter

ONS ONDERWERP VIR DIE WEEK :

Weet jy hoe om te ontspan? Ons weet dat algemene simptone van depressie die volgende insluit, soos traagheid, swak konsentrasie en geheue, 'n tekort aan lewensgenietinge, slapeloosheid, verandering in eetlus met 'n gepaardgaande vermindering of vermeerdering van gewig. Meeste van ons het ook al trauma en stres ervaar. Dr. Thomas gaan weereens saam met ons kuier en kosbare inligting met ons deel en ook asemhaling tegnieke leer.

LUISTER GERUS NA ONS PROGRAM MAANDAG AAND 19h00 - 20h00 S.AFRIKAANSE TYD. SKAKEL IN OP UITSAAINESLIVE.CO.ZA EN KLIK OP RADIO OM SODOENDE NA ONS PROGRAM TE KAN LUISTER.
ONS PROGRAM WORD HERHAAL SATERDAG 20h00 - 21h00.
ONTHOU OOK ONS KOMPETISIE WAT AAN DIE GANG IS. LUISTER AANDAGTIG NA DIE PROGRAM WANT ONS 9DE KOMPETISIE VRAAG WORD DIE WEEK GEVRA, DAAR IS 'N TOTAAL VAN 10 VRAE WAARNA DIE EERSTE KORREKTE ANTWOORDE GETREK SAL WORD EN 'N PRAGTIGE NOODHULPTAS TER WAARDE VAN $80.00 GEWEN SAL WORD.
Onthou om in te skakel. VOORSPOED EN SUKSES!

Dr. Roger en Marli Thomas


Aan al ons getroue luisteraars :


Dan 'n hartseersakie, ongelukkig a.g.v. Dokter se baie besige skedule is ons vir tyd en wyl eers genoodsaak om halt te roep en sal nie meer ons program 'WAT SE DIE DOKTER' kan opneem nie.
Vandeesweek is dit ons voorlaaste program 'WAT SE DIE DOKTER' wat uitgesaai gaan word. Ons wil al ons luisteraars bedank vir jul deelnames in ons programme. Ons sal jul voorwaar mis.

Groete
Dr. Roger en Marli Thomas
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Voorskrifmedisyne

Al ooit gewonder hoe die apteker jou dokter se voorskrif uitmaak en lees? Mag jou apteker jou voorskrif medikasies gee? Mag jy jou apteker dagvaar vir verkeerde medikasies gevul? Wat is die verskil tussen "generies" en "handelsmerk" medikasies? Hoe lees jy die etiket op jou voorskrif medisyne?
9- punt plan vir jou hart.



"WAT SE DIE DOKTER" word op Maandae 19-20 en Saterdae 20-21 uur s.afrikaanse tyd uitgesaai. Ons epos adres :

watsediedokter@posbus.com

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Bejaarde Sorg

BEJAARDESORG
Ons onderwerp vir eerskomende week (Maandag)

Het jy 'n bejaarde na wie jy omsien? Woon jou bejaarde moeder of vader dalk by jou? Weet jy hoe om na al hul behoeftes om te sien en is jou huis voldoende toegerus volgens hul behoeftes? Onthou bejaardes het dikwels gespesialiseerde gesondheidsdienste nodig.

"WAT SE DIE DOKTER" word op Maandae 19-20 en Saterdae 20-21 uur s.afrikaanse tyd uitgesaai. Klik op 'AFRIKAANSE RADIO' hier bo of gaan na UITSAAINES.CO.ZA en klik op radio en luister na Afrikaanse Internet Radio. Ons epos adres :

watsediedokter@posbus.com

Groete

WAT SE DIE DOKTER SPAN

p.s. ONS 4de KOMPETISIE VRAAG SAL GEVRA WORD. ONTHOU DUS OM IN TE SKAKEL.

PRYS - NOODHULPTAS MET INHOUD TER WAARDE VAN $80.00 USD

Vir enige verdere navrae skryf aan ons by :

watsediedokter@posbus.com
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Kosmetiese Dinge

ONS PROGRAM VIR DIE WEEK IS VIR ALMAL WAT 'N OPERASIE OORWEEG OM SWAARTEKRAG TEEN TE WERK. ONS PRAAT NATUURLIK OOR DIE DUBBELE KEN, KRAAISPOORTJIES OM DIE OE, LYNE OM DIE MOND, NEUS EN MOET NATUURLIK NIE DAARDIE FRONSLYNE VERGEET NIE. EN SO VEG ONS VERBETE TEEN DIE TYD. KOM SKUIF GERUS NADER DIE WEEK INDIEN JY MEER WIL WEET OOR BOTOX INSPUITINGS. 'N BAIE - BAIE INTERRESSANTE PROGRAM WEEREENS. JY SAL VERBAAS WEES OM TE HOOR HOE EN WAAR BOTOX ORAL GEBRUIK WORD.




DAN NATUURLIK MOET OOK NIE ONS KOMPETISIE VERGEET NIE. MAANDAG IS DIT ONS 2de VRAAG. SIEN GEGEWENS HIERONDER :







WAT SE DIE DOKTER KOMPETISIE

Daar sal vir die volgende 10 weke elke week een vraag gevra word oor die spesifieke weeklikse onderwerp.




Sodra jy al 10 jou antwoorde het stuur jy dit in na : watsediedokter@posbus.com




Die eerste korrekte inskrywing wat getrek word, sal 'n pragtige noodhulptas met inhoud ter waarde van $80.00 wen.

WAT SE DIE DOKTER word op Maandae 19-20 en Saterdae 20-21 uur s.afrikaanse tyd uitgesaai. INTERNET RADIO www.uitsaaines.co.za of www.goggaweb.com en klik op 'RADIO' om sodoende radio te kan luister.




Onthou dus om in te skakel Maandae en Saterdae. Sodoende sal jy nie uitmis op enige van die vrae nie. En natuurlik onthou om mooi te luister want al die vrae gaan handel oor die onderwerp wat bespreek is die spesifieke week.

Al 10 die vrae sal weer gevra word gedurende die programme net voor die sluitingsdatum maar dit is belangrik dat jy inskakel.




Voorspoed en Sukses.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

WAT IS IN JOU MEDISYNE KABINET

WAT IS IN JOU MEDISYNE KABINET?En dit is presies ons onderwerp vir die week. Ons gaan bietjie gesels oor ons medisyne kabinette.

Wat presies gaan aan in jou medisyne kabinet? Is dit op die regte plek? Hoe oud is die medisynes, pille, salwe, antibiotikas wat daarin gestoor is? Wanneer laas het jy skoongemaak? Hoe veilig is jou medisynekas veral van kinders en tieners?

Net soos wat ons, ons kruidenierslysie gereeld opstel, net so behoort ons, ons medisynekassie op datum te hou.

Baie interressante onderwerp vir die week. Skakel gerus in en kom kuier saam met my en ons gereelde kuiergas, Dr. Roger Thomas. Ons gaan jul help om 'n basiese medisyne kabinet op te stel. So kry gerus jou pen en papier gereed en ons werk aan jou lysie vir jou medisyne kabinet.

Ons program 'WAT SE DIE DOKTER" word op UITSAAINES.CO.ZA uitgesaai. Kom luister en leer saam met ons op Maandae 19h00 - 20h00 S.Afrikaanste tyd. Ons programme word ook herhaal op Saterdae 20h00 tot 21h00.

Skryf gerus aan ons :

watsediedokter@posbus.com
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

ONS IS TERUG!!!! 'WAT SE DIE DOKTER"?

Na 'n lang afwesigheid van etlike maande as gevolg van 'n druk program, is ons weer volstoom terug. Ons het verhuis na ons nuwe huis en het uiteindelik al begin lekker nesskop.

Ons het ons luisteraars baie gemis en sien weer baie uit om saam met julle te kuier.

Ons eerste progam gaan handel oor ALKOHOLISME. Stuur maar weer gerus jul epos aan ons met al jul mediese vrae. Ons epos adres : watsediedokter@kraaipromosies.co.za

Al jul mediese vrae sal deur Dokter in ons programme behandel word, asook u epos vrae wat u in privaatheid wil stel.

Groete Marli








RADIO OMROEPER - MARLI THOMAS (PETUNIAFLOWER) MET ONS GEREELDE EREGAS DR. ROGER THOMAS (MD)

Ons program 'WAT SE DIE DOKTER' word op Maandag aande 7:00pm aangebied, met 'n herhaling op Saterdae aande 8:00pm SA tyd.

Alle mediese en gesondheidsprobleme sal gedek word en luisters sal die geleentheid he om al hul kwelvrae aan dokter te vra en so sal dan van die vrae ook beantwoord word deur hom in die opvolgende programme.

Dokter Thomas is 'n voltydse mediese praktisyn vir meer as 20 jaar in die VSA. Alles aspekte van mediese en gesondheids onderwerpe sal gedek word en so, sal ook elke week 'n nuwe onderwerp behandel word. Wees verseker van 'n baie interressante en leersame program. Wat dit uniek sal maak is die feit dat Dr. Roger 'n amerikaner is met 'n sterk amerikaanse aksent en so tussen in vir ons boodskappies gaan ingooi in "Afrikaans", hy is te gretig om afrikaans te leer praat. (www.orthone.com)

Marli Thomas hoofaanbieder van "Wat se die dokter" is 'n gebore s.afrikaner wat vele erkennings gekry het in haar gebied terug in S.Afrika. Sy is gevestig nou in Ft. Wayne, Indiana, VSA. vir 'n aantal jare. Sy is tans besig met studies en geniet wereldwye sendelingtoere saam met haar man niemand anders as Dr. Roger haar mede aanbieder nie.

Stuur gerus vir ons epos met u gesondheidsvrae aan : watsediedokter@kraaipromosies.co.za
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

TIENERS EN HUL GEMOEDSTOESTANDE

AL OOIT GEWONDER WAT GAAN AAN MET JOU TIENER?

Hierdie week gaan ons, ons pragtige tieners uitnooi om na ons program te luister. Want hierdie week se program word toegewy aan ons jongmense.

Ouers julle is net so welkom om saam te luister Maandagaand na ons program, "Wat se die Dokter" aangebied hier op Uitsaaines Live.

Kom ons vind uit by ons Dokter, hoekom jou pragtige tiener deur al hierdie ou nare 'MOOD SWINGS" gaan.



Groete
Marli

epos adres : watsediedokter@kraaipromosies.co.za
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

APNEE, WAT IS SLAAP APNEE?

ONS ONDERWERP VIR DIE WEEK :

SLAAP APNEE. HOE WEET EK, EK HET SLAAP APNEE?

HOEKOM SNORK MENSE? IS DAAR 'N KUUR OF MEDIESE HULP VIR SNORKERS?

Dit is van die onderwerpe wat uitgesaai sal word op Maandag.


UITSAAINESRADIO OMROEPER - MARLI THOMAS MET ONS GEREELDE EREGAS DR. ROGER THOMAS (MD)

Ons program 'WAT SE DIE DOKTER' word op Maandag aande 7:00pm aangebied, met 'n herhaling op Saterdae aande 8:00pm SA tyd.

Alle mediese en gesondheidsprobleme sal gedek word en luisters sal die geleentheid he om al hul kwelvrae aan dokter te vra en so sal dan van die vrae ook beantwoord word deur hom in die opvolgende programme.

Ons epos adres : watsediedokter@kraaipromosies.co.za vir alle mediese navrae.

Baie dankie
Marli



Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Kersfees Wense van die "Wat se die dokter" span



AAN AL ONS GEREELDE LUISTERAARS VAN ONS PROGRAM "WAT SE DIE DOKTER"

Vrede vir almal wat hartseer of bedroef of deur een of ander manier hierdie jaar verwond is. Vrede vir almal wie se lewe stukkend is as gevolg van enige ander se toedoen en wat daarom sukkel om vrede te vind. Mag Kersfees 'n tyd van vrede en vreugde vir een en elkeen van ons wees.

So ook wil ons almal bedank vir jul bydraes en inluister na ons program "Wat se die dokter" wat op Uitsaaines uitgesaai was. Sonder julle sou dit nie moontlik kon wees nie. Ons sien baie uit om weer lekker saam te kuier in die nuwe jaar 2008. 'n Wonderlike en Voorspoedige Nuwe Jaar vir julle.

Baie liefde


Dr. Roger en Marli Thomas (Petuniaflower)


Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Help ons!

ADVERTEER HIER!

Kraaipromosies

Hulpstaaf

Gebeurtenisse

There are no upcoming events

Uitsaaines Winkel

Luister Radio!

Klik onder en luister, KANAAL EEN, ADSL hoespoed lyne, stereo kanaal.

Klik onder en luister, KANAAL TWEE, vir "Dial-up 56k modums" of stadiger spoed lyne, mono kanaal.

Laai Afrikaanse MP3's Af!

Die "Boere Generaal" is ook beskikbaar vir aflaai

Soek met Google

Custom Search

Skenkings

As jy van ons radiostasie hou, en graag 'n ietsie aan ons wil skenk, enige bedraggie is welkom, druk net op die "donate" knoppie.

Wie Kuier hier?

Besoekers: 8

AFRIKAANSE MAATS!

Wat is Nuut?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

TRACKBACKS laaste 2 dae

Geen nuwe trackback kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Media Gallery last 7 days

No new media items

Files last 14 days

No new files
No new comments

Poll

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

  •  Ja
  •  Nee
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 149 votes | 0 kommentaar
Klassieke Keur: Moet dit bly, of gly?

Moet Klassieke Keur wat Sondagaande om 21:00 SA tyd uitgesaai word, bly, of moet dit stop om plek te maak vir iets anders?

  •  Bly
  •  Gly
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 18 votes | 0 kommentaar
Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

  •  Oggende (SA Tyd)
  •  Tussen 12:00 en 14:00 (SA Tyd)
  •  Middae (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 18:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 20:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 22:00 (SA Tyd)
  •  Later in die Aande, na 23:00 (SA Tyd)
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 864 votes | 3 kommentaar