Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Uitsaaines.co.za
Wednesday, September 08 2010 @ 08:26 PM CDT

Studio 1 Tel nommer

Skakel die Ateljee by 087 941 6088 vanuit SA, of +27 87 941 6088 vanuit Buiteland tydens inbel programme

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Brief van S. Muis

dankie dat ek die afrikaanse musiek kan hoor hier in holland ek heb dag en nag die internet radio aan alleen voor die mooie musiek ek is zelf een egte hollander maar ek gaan elk jaar op vakantie naar de kaap en ek zit hier met een papagaai die aleen uitsaaines wil hoor als ek in die hospitaal verblijf gaan die leptop mee voor uitsaaines ek kan en wil niet zonder die musie ek hoop dat het te lezen is em afrikaans is nie zo goed groeten uit maarssen hooland
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Nuus van ver af!

Hi daar,
Ek wil net eerstens vir julle sé dankie vir sulke lekker musiek elke dag!! Ek woon in die suide van Frankryk (Toulouse) en eerste ding wat ek in die oggend doen wanneer ek in my kombuis kom, is om die internet radio aan te skakel en dan is ek sommer in my ou land!!
Wil net ook graag iets snaaks met julle deel. My man se naam is Pascal en nou die dag sé hy vir my; "cherie, I dont understand why you listen to that horrible radio station?" Baie ongeérg vra ek toe hoekom nie, en weet wat sé hy ..... "because all the time they say .. jou stasie vir die NAZI !!!! ek het so lekker gelag en moes toe vir hom verduidelik wat nasie beteken in Afrikaans !!

Dankie julle !
Christa Comte-Gaz
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Briewe van luisteraars no 3

ek es `n nuwe luisteraar na julle, maar geniet dit Baie ! Groetnis vanuit Holland

Kees

********************************************************************************************
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

NAG

DIS DONKER DIS NAG
DIS LIG DIS DAG
IS DAAR IERMAND WAT WAG
GEDAGTES WAT MAAL EN MAAL
NIKS WAT HY DAAR UIT KAN HAAL
ALLEEN ALLEEN
DAMWALLE GEBREEK
ALLEEN ALLEEN
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Briewe van ons Luisteraars, no 2

Christelle skryf

Hallo julle. Het julle vandag vir die eerste keer op die internet ontdek. Kuier lekker saam met julle. Het sommer japtrap deur my agterstallige werk gekom!! Dankie
****************************************************************************************

ffafriday skryf

Ons is nou al vir 10 jaar in Kanada en ek mis Afrikaans baie. Ek het toevallig op uitsaaines afgekom en geniet dit baie. Ek ken nie die nuwe kunstenaars nie maar dit doen my hart goed om weer vir Jannie Moolman, Rina Hugo en Herman Holtzhausen te hoor. Guillaume en Ray Dylan klink goed. Hopelik sal ek nou weer op hoogte kom met al die nuwe kunstenaars.
Baie dankie:-)
*************************************************************************************

Amanda skryf:

WIL NET SE JULLE IS COOL EN HOU BAIE DAAR VAN OM IN DIE OGGENDE AS EK HUIS SKOON MAAK OM UITSAAINES HARD TE LUISTER MIS AFRIKAANS BAIE JUL ROCK HOU SO AAN EN WIL NET VIR AL DIE SUID-AFRIKAANSE MENSE IN QATAR HI SE SO HALLO ALMAL.ONS WOON AL 2JAAR IN DUKHAN.EN WAS AL 5 JAAR IN BAHRAIN.JA EK LUISTER NOU SO DAT JULLE VAN HUWELIK PRAAT HIER MAG N MAN 7 VROUENS OP N SLAG HE EN ALMAL MOET DIE SELFDE BEHANDEL WORD AS EEN N KAR DAN MOET DIE ANDER 6 OOK EEN KRY.
*****************************************************************************

Hallo.. Wil net dankie vir al die goeie musiek se.

Androniki
Ciprus
*****************************************************************************

Baie dankie vir julle radio wat my die hele dag na julle luister, ons het so n radio nodig om die verlange na ons vaderland n bietjie te verminder, uitstekende musiek groete uit machico,funchal eiland Madeira, van cecilia

******************************************************************************
Ek is 'n eindomswaardeerder van beroep,eie besigheid en werk en woon in Riebeek Kasteel(20 km noord-oos van Malmesbury. Ek geniet die radio stasie terdee.Hou so aan.
Groete
Cobus
**********************************************************************************
Quinten, baie dankie vir die mooi musiek. Hier in die verte van Suid-Amerika laat dit ons maar verlang na ons familie en vriende. Sterkte vir julle.
Groetnis Danie en Hettie Coetzee
*************************************************************************************
Goeie middag of is dit nou aand,

Ek skryf vanuit 'n redeike winterige Johannesburg, Alberton om presies te wees en wil net sê dat ek die webblad baie geniet. My man en ek is die eienaars van 'n apteek en werk lang ure. Ek het dus baie tyd om op dei web rond te surf. Ek hou daarvan om op Boerkos.com rond te kyk en print omtrent al die resepte wat nuut verskyn. Ek verstaan dat die skrywers omtrnet almal in anderland bly!!! Ek kan ongelukkig nie inskakel op die radio stasie nie, maar wil net sê 'hou ons taal bo'!
Baie groete en Afrikaanse liefde uit Suid Afrika Elsie Hullyer
***************************************************************************************
Hi,

Ek het nou net op julle stasie afgekom en wat 'n plesier om na julle keuses te luister.

Buiten dat ek nou heeltemal wee na SA sit dit my in 'n lekker luim vir vanmiddag se rugby.

Wees verseker julle is op die Favorites en dat ek vir all die vriende gaan vertel.

Groete,
Joe



Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Briewe van ons Luisteraars, no 1

Hallo Uitsaaines,
Ek is in Engeland en my hele huis is gevul met wonderlike musiek, danksy aan julle. Ek het nou onlangs 'n nuwe groep se musiek gehoor en hoop dat ek die naam reg afgeskryf het. Dit is Bhalzak en die liedjie was Ahli wha wha. Waar kan ek meer inligting of 'n cd kry van hulle?

Nogmaals baie dankie vir die wonderlike stasie,

Beste groete,
Dave Pretorius

******************************************************************************************
Hi daar

Het vanaand vir die eerste keer ingeskakel op die radiostasie en ek moet se, dit is puik. Ons geniet die musiek en sal vir seker dit aanbeveel aan ander SAners hier in Australie.

'n Spesiale dankie aan L'marie wat vir ons 'n versoekie gespeel het so op die eerste aand wat ons na julle luister.

Baie dankie vir Afrikaans in Australie

Groete

Pierre en Annette Barnes - Melbourne

*****************************************************************************************

Verlang baie na my familie in die Vrystaat en baie dankie vir die radio wat ons hier in die buiteland,kanhoor en dankie Katz vir die inligting wat jy vir my gestuur het oor die radio groete uit Madeira PORTUGAL..... cecilia

*****************************************************************************************
Hallo aan die Nessers (of Nesters?)

Ek woon en werk sedert 1997 in Auckland, Nieu Seeland en het pas die eerste keer na julle Kuberradio geluister. Baie geluk met 'n netjiese inisiatief.

Sedert Junie 2001 saai ek die Protea-Uur hier in Auckland uit. Dit is 'n tipiese tydskrifprgram met geselse, vestigingsadvies vir nuwe migrante, musiek met 'n Oulandse verbintenis, boekvoorlesings en - anders as jul formaat - tweetalig.

Op hierdie stadium is my program nog nie op die Kubernet hoorbaar nie, maar ons behoort om en by Augustusmaand lewendig te wees.

Met julle toestemming sal ek graag vir my luisteraars wil vertel van Uitsaaines, want ek vermoed 'n groot persentasie sal in die Afrikaanse musiek belangstel.

Mikrofoon-groetnisse
Jan Coetsee

******************************************************************************************





Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Help ons!

ADVERTEER HIER!

Kraaipromosies

Hulpstaaf

Gebeurtenisse

There are no upcoming events

Uitsaaines Winkel

Luister Radio!

Klik onder en luister, KANAAL EEN, ADSL hoespoed lyne, stereo kanaal.

Klik onder en luister, KANAAL TWEE, vir "Dial-up 56k modums" of stadiger spoed lyne, mono kanaal.

Laai Afrikaanse MP3's Af!

Die "Boere Generaal" is ook beskikbaar vir aflaai

Soek met Google

Custom Search

Skenkings

As jy van ons radiostasie hou, en graag 'n ietsie aan ons wil skenk, enige bedraggie is welkom, druk net op die "donate" knoppie.

Wie Kuier hier?

Besoekers: 5

AFRIKAANSE MAATS!

Wat is Nuut?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

TRACKBACKS laaste 2 dae

Geen nuwe trackback kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Media Gallery last 7 days

No new media items

Files last 14 days

No new files
No new comments

Poll

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

  •  Ja
  •  Nee
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 149 votes | 0 kommentaar
Klassieke Keur: Moet dit bly, of gly?

Moet Klassieke Keur wat Sondagaande om 21:00 SA tyd uitgesaai word, bly, of moet dit stop om plek te maak vir iets anders?

  •  Bly
  •  Gly
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 18 votes | 0 kommentaar
Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

  •  Oggende (SA Tyd)
  •  Tussen 12:00 en 14:00 (SA Tyd)
  •  Middae (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 18:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 20:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 22:00 (SA Tyd)
  •  Later in die Aande, na 23:00 (SA Tyd)
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 864 votes | 3 kommentaar