Ek was laas naweek by die oord De Rust Hengeloord en die was wat ek aanvaar het. Miskien kan julle dit ook op julle webwerf sit, ek het dit klaarop myne ge add.
www.visvangsa.co.za
1) Hello Frits,
Was nou die naweek by De Rust gewees. Was van Vrydag tot Sondag daar gewees , ons was 5 mense gewees. My penmaat - Jaco, my broer en ons meisies. Jaco se meisie moes ongelukkig werk. Hulle het saterdag oggend seker so by 02:00 ons goed kom steel , ons het so tussen 12 en 1 gaan slaap.
Stoele ( Camp world stoele (duur) R500 per stoel) = R 1 500
3 sakke met Klere ( R 500 )
Extension (R350)
Ligte ( R380 ) 2 ligte en n stand
Eetgerei sak R300
Skoene 3 pare ( R 300 per paar ) = R900
2 Koelhouers ( Coolerbags) R 250 vir een = R500
Kos ( ons sou nog sondag oggen lekker ontbyt geeet (bakon en eiers) en die middag lekker steak gebraai het - R 400 se kos.
Dit gee vir jou R 4830,00 se gereedskap en kos weg in 3 ure.. Ek het 5/6 opgestaan om te hengel. Hulle het als gevat behalwe visvang gereedskap. Hulle het wel my katrol boks oop gemaak en bekyk en gelos ( weet nie hoekom nie) op die stadium is my hengel gerei R5000 werd , omrede n ou in liga en proewe deel neem en moet jou goed van so aard wees dat jy gekies kan word om springbok te hengel en te word.Hulle het ook geen vroulik kleredrag gevat nie , en die meisies het gelukkig goed daarvan af gekom..Hulle skoene en klere was buite gewees.en die sakke was oop gemaak , en net so gelos!! Dit se baie wie gesteel het..Ons het die klere sakke onder die bakkie gesit , omrede ons agter op die bakkie slaap met n kanopie op.. Ek hou nie v tent opslaan nie. heheOns het later die dag besef dat die opsigter wel verby ons gery het, en ook hulle werkers om die hiasinte op te tel ( hulle het daar gestop met n trekker en sleep waentjie, en weer gery - niks werk gedoen nie). Wie blameer ons ??? Altwee het gelyk of hulle ons kamp bekyk het met die oog om te steel.. En nie eers een van hulle het gegroet toe hulle verby gery het nie..( ons het nog hier hoor gegrap want hoe kon ons hulle nou verdink het?) ( Dit was nou saterdag deur die dag voor hulle kom steel het) Die dam se hiasinte word op mekaar gestapel deur hengelaars, en nie deur die opsigter vd oewer se werkers nie.Die oewer is vuil en moer onveilig.
Ek is nie n strawwe drinker nie , en het vir die hele naweek maar 7 biere gedrink. Ons almal was nigter , het glad nie musiek geluister of enige aard dat hulle kon se ons was dronk en het gaan uitpaas nie. Dis belaglik om te dink , ons het eintlik lig daarvan afgekom..Ons het die opsigter laat weet oor die diefstal en haar woorde aan ons was dat sy niks daaraan kan doen , ons moet maar wakker bly..
Sy het my so de bliksem in gehad, dat ek haar wou aanrand met n vistok want als ons goed is weg waarmee anders ??Op die stadium dink ek hulle is 2 koppe in 1 mus , en ek sal glad nie op n sociale geleentheid die oewer besoek/hengel nie. Slegs klub komps omrede ons verplig is..
Hoop jy kom reg ...
2) De Rust 31st May and 1st June
Kom ons kry eers gou die negatiewe uit die pad, Saterdag aand het hulle my Visvang stoel , byl en my glas gesteel.
Die oord word nie gepatroleer nie en geriewwe is beperk. Ek sal julle aanraai dat as julle oornag daar vat een van daai mobile zone alarms saam en wees versigteg hy vang so radius van 12m op en het n magnetic base wat jy sommer so aan jou voertuig kan plak op die regte plek, as hulle tot so na as 1 meter van voertuig kan kom en ek word nie wakker nie, is dit BAIE gevaarlik.
My buurman se my die volgende oggend toe ek oorstap met n stukkie droe wors dat hulle hom en sy swear ook beroof het en dat hy hom op heterdaad betrap het,hy het hom glo n MOERSE hou toe gedien waarnaa Kees se kind al skreuende die veld ingehardloop het.
Weereens PASSOP as julle oornag by De Rust dit is nie veilig daar nie, Tot die bestuur vir Kees intoom kan hou en hulle dalk die plek patroleer sal ek nie weer alleen daar oornag nie.
As you can see we are not getting any joy from the owner/management from De-Rust, thus I am placing this on my website
www.visvangsa.co.za to warn people from the fact that there is a theft issue there. My bigger concern is that if it starts at theft where will it end as I have seen endless fisherman with their families there, when will they KILL some or do we have to wait untill someone gets killed before we take action. I will rather do something about it then just let it go. If you agree with me please forward me your details and I will add you as supporting us in getting De-Rust to be a safe environment for all to go to.
Regards
Fritz vd Merwe