Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Uitsaaines.co.za
Wednesday, September 08 2010 @ 08:43 PM CDT

Studio 1 Tel nommer

Skakel die Ateljee by 087 941 6088 vanuit SA, of +27 87 941 6088 vanuit Buiteland tydens inbel programme

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Top 10 Kompetisie

Ons het 50 US Dollars om weg te gee.... ho ho ho.....!!

Staan die kans om 50 US Dollars te wen met die komplimente van Pendle Pro.

Raai net watter liedjie die top treffer van 2008 op Uitsaaines is.

Stuur 'n epos met jou antwoord voor of op 31 Desember 2008 na Pendlepro om in aanmerking vir die prys te kom.

Skakel dan in op 1 Januarie 2009 om 10 namiddag Suid-Afrikaanse tyd, op die Uitsaaines top 20 treffers vir 2008 om te hoor of jy die gelukkige wenner is. As daar meer as een korrekte inskrywing is, sal 'n gelukkige wenner se naam getrek word.

Let asseblief daarop dat oorsee se deelnemers aan die kompetisie, oor 'n wettige PayPal rekening moet beskik, omdat die prysgeld slegs via PayPal aan oorsee se wenner betaal sal kan word. As die wenner in SA is, sal die waarde in Rand uitbetaal word in die wenner se bankrekening.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

WAT SE DIE DOKTER KOMPETISIE

WAT SE DIE DOKTER KOMPETISIE

Daar sal vir die volgende 10 weke elke week een vraag gevra word oor die spesifieke weeklikse onderwerp.



Sodra jy al 10 jou antwoorde het stuur jy dit in na : watsediedokter@posbus.com



Die eerste korrekte inskrywing wat getrek word, sal 'n pragtige noodhulptas met inhoud ter waarde van $80.00 wen.

WAT SE DIE DOKTER word op Maandae 19-20 en Saterdae 20-21 uur s.afrikaanse tyd uitgesaai.



Onthou dus om in te skakel Maandae en Saterdae. Sodoende sal jy nie uitmis op enige van die vrae nie. En natuurlik onthou om mooi te luister want al die vrae gaan handel oor die onderwerp wat bespreek is die spesifieke week. Vandag word die eerste vraag gevra. Voorspoed en Sukses.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Wen 'n minimum van 100 US Dollars kontant.

100.00 US is elke maand op die spel!

Elke derde week van die maand skop ons splinternuwe luisteraars kompetisie af waarin jy 'n hele 100 US Dollars kan wen. (Ongeveer R 750.00 ZAR) met komplimente van UITSAAINES.Die bedrag sal wissel wat oorbetaal word in jou land se denominasie afhangende van wisselkoerse.

Maak seker jy luister na die volgende programme gereeld, en neem deel in die derde week van die maand aan die kompetisie om die kontant te kan wen.

  • Donderdag in "Kuier Lukraak met Jacques" tussen 12:00 en 13:00 SA Tyd.
  • Donderdag in "Waar in die Wereld" met Raymond tussen 21:00 en 22:00

    Hoe die kompetisie werk.

    Ons skop af elke 3de week met 'n vars 100 dollar noot in Saterdag Joernaal, waarin Dagilli sy kompetisie vraag sal vra. Indien niemand die prys gewen het nie, sal Jacques op die daaropvolgende Donderdag in sy program ook 'n vraag aanbied waar jy weer 'n kans sal kry om daardie 100 dollars te wen. Indien niemand dit in Jacques se program kon wen nie, sal Raymond die 100 dollars later die aand aanbied om gewen te word in sy program. Indien daar geen wenner was op enige van hierdie 3 programme nie, sal die 100 dollars oorstaan tot volgende maand, waar die prys dan 200 dollars sal wees, en dieselfde paadjie sal volg as hierbo. Dus, as daar nie wenners is nie, word die 100 dollars elke maand net meer en meer, en die prys dus meer aanlokliker, totdat iemand dit wen. Sodra 'n prys gewen is, begin ons weer van voor af met 100 dollars.

    Let wel, dat geen Omroepers (DJ's) van Uitsaaines, of hulle naaste familie in aanmerking sal kom vir hierdie prys nie. (Jy mag wel deelneem vir die lekker daarvan) Hierdie prys sal dus slegs aan legitieme luisteraars wat deelgeneem het, toegeken word, met komplimente van UITSAAINES.

    Ons luisteraars is wenners omdat hulle ingeskakel is op UITSAAINES

  • Gebruikersfunksies





    Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
    Jou wagwoord vergeet?

    Help ons!

    ADVERTEER HIER!

    Kraaipromosies

    Hulpstaaf

    Gebeurtenisse

    There are no upcoming events

    Uitsaaines Winkel

    Luister Radio!

    Klik onder en luister, KANAAL EEN, ADSL hoespoed lyne, stereo kanaal.

    Klik onder en luister, KANAAL TWEE, vir "Dial-up 56k modums" of stadiger spoed lyne, mono kanaal.

    Laai Afrikaanse MP3's Af!

    Die "Boere Generaal" is ook beskikbaar vir aflaai

    Soek met Google

    Custom Search

    Skenkings

    As jy van ons radiostasie hou, en graag 'n ietsie aan ons wil skenk, enige bedraggie is welkom, druk net op die "donate" knoppie.

    Wie Kuier hier?

    Besoekers: 8

    AFRIKAANSE MAATS!

    Wat is Nuut?

    ARTIKELS

    Geen nuwe artikels

    KOMMENTARE laaste 2 dae

    Geen nuwe kommentaar

    TRACKBACKS laaste 2 dae

    Geen nuwe trackback kommentaar

    Links laaste 2 weke

    No new links

    Media Gallery last 7 days

    No new media items

    Files last 14 days

    No new files
    No new comments

    Poll

    Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

    Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

    •  Ja
    •  Nee
    This poll has 0 more questions.
    Results
    Other polls | 149 votes | 0 kommentaar
    Klassieke Keur: Moet dit bly, of gly?

    Moet Klassieke Keur wat Sondagaande om 21:00 SA tyd uitgesaai word, bly, of moet dit stop om plek te maak vir iets anders?

    •  Bly
    •  Gly
    This poll has 0 more questions.
    Results
    Other polls | 18 votes | 0 kommentaar
    Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

    Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

    •  Oggende (SA Tyd)
    •  Tussen 12:00 en 14:00 (SA Tyd)
    •  Middae (SA Tyd)
    •  Aande vanaf 18:00 (SA Tyd)
    •  Aande vanaf 20:00 (SA Tyd)
    •  Aande vanaf 22:00 (SA Tyd)
    •  Later in die Aande, na 23:00 (SA Tyd)
    This poll has 0 more questions.
    Results
    Other polls | 864 votes | 3 kommentaar