Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Uitsaaines.co.za
Saturday, May 25 2013 @ 01:55 AM CDT
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Jaco van Staden

Jaco, wat as een van die land se beste stemme beskryf is, het grootgeword in 'n hegte musikale familie. Sy ouers was getroud 'n week nadat hulle mekaar ontmoet het en het die spreekwoordelike "gelukkige" liefdes lewe geleef. Sy pa, wat sy grootste kritikus en ondersteuner was, het 'n hartaanval gehad en is oorlede op' n toer bus terwyl hy sy vrou se hand vasgehou het.

Op die ouderdom van 7, sing Jaco die vroulike hoofrol van die The King and I, terwyl n aktrise die rol op die verhoog uitgebeeld het, het Jaco aan die kant van die verhoog gesit en sing! Die media het hom aanbid en noem hom 'n klein nagtegaal. Teen die ouderdom van 12, sluit Jaco by die Drakensberg Seunskoor aan en toer saam met die wêreld beroemde koor deur Suid-Afrika, Namibië en Malawi tot op die ouderdom van 15 . As 'n 12-jarige seun, sing hy by die opening van die Maharani Hotel in Durban.

Gedurende Jaco se hoërskoolloopbaan in Nelspruit, word hy onderig in sang deur Isabel Eybers en verdien verskeie sertifikate van die Universiteit van Suid-Afrika. Sy warm en kragtige stem verseker sy gewildheid en verseker hom 'n paar A++ sertifikate by jaarlikse Eisteddfods. Jaco se skoolloopbaan eindig op 'n hoë noot toe hy met n prestasie toekenning in sang vereer word .

Jaco bestudeer Opera onder Emma Renzi en sing vir twee jaar professioneel opera. Dit sluit onder andere die hoof tenoor-rolle in Le Nozzi di Figaro, Bastien und Bastienne en die Tower fluit in. Hy het ook solo-uitvoerings gegee as Liriese Tenoor. Jaco het gou besef dat daar min toekoms vir 'n opera-sangloopbaan in Suid-Afrika is, en begin om ballades te sing. Hy het sy debuut op SABC TV met Casper de Vries gemaak en sy eerste enkel CD is opgeneem deur Vandor platemaatskappy. Na 'n paar jaar se hiatus, is Jaco gereed om sy ongelooflike talent weer met die mense van Suid-Afrikaanse deel. Geskryf deur Liezl Thom

Jaco is tans ook deel van Uitsaaines se Amptelike Top 10 waar hy goeie vordering maak deurdat sy aanhangers hom baie goed ondersteun op die radiostasie.

 

 

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr het natuurlik geen bekendstelling nodig op Uitsaaines nie, ons is seker daarvan dat al ons luisteraars presies weet wie hy is, wat hy doen, waarom hy alweer in die moeilikheid is, (veral as jy ook Huisgenoot lees) en dan, die eintlike rede waarom ons hom almal ken, natuurlik, vir sy musiek! Steve is een van die gewildste sangers, musiekante, en kunstenaars vir Afrikaans. Dan skryf die man boonop ook boeke en is akteur, om nie eers te praat van wat hy oor die algemeen beteken vir Afrikaans as taal nie.

Tans is Steve deel van ons Top 10 luisteraarskeuse met sy nuwe liedjie Blou Ballon. Om van sy albums, boeke ens aan te koop, is maklik en gerieflik, klik net op die album prentjie Duisend en Een om by die winkel uit te kom. Deur dit te doen, ondersteun jy Afrikaans asook Uitsaaines wanneer jy enige aankope doen.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Jakkie Louw

Jakkie Louw (gebore 20 Mei 1979 te Oudtshoorn) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is bekend vir treffers soos Drie Pikkewyne, Bamboesbos en Gemaak in SA.Hy het 15 van die 18 liedjies op sy nuwe album, Gemaak in SA, self geskryf. Jakkie sê hy sal dit nie eens oorweeg om ter wille van internasionale roem te emigreer nie. Soos die titelsnit van sy nuwe CD sê: Hy’s ‘‘gemaak in SA’’!

By Uitsaaines is ons gereelde luisteraars baie bekend met meeste van Jakkie se musiek, en vaar hy uitstekend goed in ons luisteraars keuse Top 10 met sy liedjie Een Miljoen Woorde. Om Jakkie se nuutste CD Gemaak in SA te bekom, klik op die album se prentjie hier regs, en sodoende ondersteun jy Afrikaanse musiek asook Uitsaaines.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

ddisselblom

Sedert dié bekroonde trio Johrné, Jaco en Lienka , oftewel ddisselblom se ontstaan in 2002, en die onvergeetlike treffers Nikotien & Kafeïen, Goud en Marog en Kiepie en Kandas, het elkeen van die lede ook as solokunstenaars bekendheid verwerf: Johrné onder meer as gewilde en bedrywige compère; Lienka as solo-sangeres en Jaco as akteur, veral bekend om sy spel in Villa Rosa. Nou is die trio terug op CD. Die album dra die stempel van musikale integriteit: gesond kommersieelgerig en gepoets met briljante liedjies, meevoerende orkestrasie en vokale suiwerheid.

Op Uitsaaines boer hulle musiek op ons speellyste, en ook op die Top 10 luisteraarskeuse. ddisselblom se album Onskuld tel tussen vanjaar se opwindendste verrassings en die beste uitreikings! In dié onskuld is deurdagtheid: ondersoeking, bepeinsing - én, bowenal, suiwer kreatiewe genieting! Klik op die album prentjie en koop hierdie nuwe album sommer nou. Deur dit te doen, ondersteun jy Afrikaanse musiek kunstenaars, asook Uitsaaines.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Nianel

 Nianell is 'n Suid-Afrikaanse sangeres en liedjie skrywer wat in Omaruru in Namibië gebore is. Haar regte naam is Sonia Nel. Sy het internasionale bekendheid verwerf met treffers soos "Who Painted The Moon" en "Angel tongue". Van haar Afrikaanse treffers sluit in Magaliesburgse Aandlied en Sal jy onthou.

 
Haar liedjie, I Hold the Sun and the Moon in my Hands is benoem vir die 2010 Liedjie van die Jaar by die LA Music Awards. Sy word tereg beskou as 'n vokale gimnas.
 
In 2010 het sy ook saam met die legendariese tenoor, Andrea Bocelli by die Celebrate Africa byeenkoms tydens die FIFA World Cup wat Suid Afrika aangebied het, opgetree.
 
Hier by Uitsaaines was sy al 'n paar keer op ons Top 10, en is tans ons luisteraars keuse saam met Romanz met die liedjie Duisend Drome. Jy kan haar CD aankoop wat sy saam met Romanz opgeneem het, getiteld Duisend Drome deur op die klein album foto te klik. Deur dit te doen, ondersteun jy Afrikaanse musiek kunstenaars en Uitsaaines.

 

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

George Longane

George Longane (gebore George Mzwandile Longane op 31 Oktober 1970) is 'n Suid-Afrikaanse sanger. Sy debuutalbum, Baie Baie is in 2010 deur Select-musiek vrygestel. Longane was vantevore 'n lid van die musiekgroep Victor and the Rasta Rebels gewees. Hy was ook 'n stigterslid van Reflections. Op Uitsaaines was hy die luisteraars keuse in ons Top 10 gewildste liedjies met sy liedjie La La.

 

Jy kan George Longane se debuut CD Baie Baie aanlyn koop by ons Uitsaaines vennoot hier. Klik net op sy album  fototjie hier regs om jou direk te neem na die produk. Deur CD's direk vanaf ons webwerf te klik en aan te koop, ondersteun jy Uitsaaines asook Afrikaanse musiek kunstenaars.

Soek met Google

Custom Search

INHOUD

Afrikaanse Musiek Kunstenaars

Afrikaanse Musiek Videos

Afrikaanse Musiek Lirieke

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

ADVERTEER HIER!

Die Weer Voorspelling

Luister Radio!

Winamp windows Media Player Real Player QuickTime Web Proxy

Skakel in op jou mobiele ding!

IPhone     BlackBerry      Android

Wie Kuier hier?

Besoekers: 2

Poll

Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines luister

Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines luister

  •  Oggende (SA Tyd)
  •  Tussen 12:00 en 14:00 (SA Tyd)
  •  Middae (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 18:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 20:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 22:00 (SA Tyd)
  •  Later in die Aande, na 23:00 (SA Tyd)
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 923 votes | 4 kommentaar

Laaik ons op Facebook!

Koekeloer vir Ons!

Ons Webblad Borg

Afrikaanse Musiek MP3's

Afrikaanse Musiek MP3's