Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Uitsaaines.co.za
Wednesday, September 08 2010 @ 08:45 PM CDT

Studio 1 Tel nommer

Skakel die Ateljee by 087 941 6088 vanuit SA, of +27 87 941 6088 vanuit Buiteland tydens inbel programme

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Omroeper Quinten Pendle



Quinten bedryf 'n klankatteljee vanuit Klerksdorp.
As hy nie werk of uitsaai nie, geniet hy krieket, kuier, braaivleis en pap, biltong, en veral sjokolade.
Die bewaring van stoom- en ander treine is sy ander groot passie in die lewe.
Quinten is getroud met Carin, en hulle verwag hul eersteling in Mei. Quinten saai uit op Dinsdae om 21:07 SA Tyd net na die nege uur nuus, met 'n heerlike ontspanne musiek en kuier program, tot 23:00. Dan is Quinten ook verandwoordelik saam met Naas Prinsloo vir die weeklikse luisteraars Top 10 op 'n Donderdag aand tussen 22:00 en 23:00 SA Tyd. Stuur 'n epos met 3 van jou gunsteling Afrikaanse liedjies aan Quinten as jou voorstel vir die Top 10. Epos Quinten by q@uitsaaines.co.za
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Radio omroeper, Jaques van Rooyen

Jaques van Rooyen is uiteindelik nou in Japan, en gereed om weer vir ons uit te saai. Jaques is natuurlik ook die dryfkrag agter goggaweb.com waar ons radio geselskapkamer deel uitmaak van die gewilde webtuiste.

Jaques saai uit elke dag van die week, Maandae tot Sondae, om 12:00 SA Tyd, in sy splinternuwe program met die naam van "Kuier met Jaques"

Hierdie tyd behoort ook gerieflik te werk vir ons baie luisteraars, veral in Australie, New Zealand en Suid Afrika.

Maak dus seker jy mis nie Jaques se gereelde program elke dag nie, jy sal baie hou van sy kalmerende radiostem en musiek keuses, en veral die dinge wat hy gaan kwytraak op sy programme.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Hoof Omroeper - Raymond Greenberg (Kraai)

RAYMOND GREENBERG , is natuurlik die dryfkrag agter hierdie radiostasie, en ko-ordineer alle aspekte daarvan, in samewerking met alle betrokke persone. Raymond saai daagliks uit tussen 20:00 en 22:00, waar hy dan ook verskillende programme aanbied. Maandae en Vrydae saai hy egter net tussen 21:00 en 22:00 uit. Raymond finansier op die oomblik hierdie radiostasie grotendeels uit sy eie sak, en is ook verantwoordelik vir die 24/7 DJ ROBOT wat uitsaai wanneer daar nie lewendige programme is nie. Personeel (vrywilligers) asook mediaskakeling, kunstenaars skakeling en program samestelling en ko-ordinering val alles binne sy raamwerk. Dus, as jy iets wil gedoen kry op hierdie radiostasie, kontak jy vir Raymond. Raymond, saam met Hanlie, is ook die dryfkrag agter die baie suksesvolle Kraaipromosies, vandaar sy bynaam van Kraai.
Besoek Kraaipromosies deur HIER te klik of epos hom deur HIER te klik.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Radio Omroeper - Dalene

DALENE, wat uitsaai vanaf El Paso in die VSA op Dinsdae en Donderdag aande om 19:00, met haar program, Heppie Hart. In hierdie program speel sy lekker musiek, en doen allerhande interessante geselsies tussen in. Wanneer Dalene nie uitsaai nie, ry sy taxi vir haar kinders, maar het ook 'n dayjob wat sy vanuit haar huis doen. Natuurlik val die versorging van manlief nie in hierdie dayjob nie, en doen sy dit sommer so tussen in.
Dalene het nog nie 'n tuisblad nie, en ons hoop dis iets wat sy sal oorweeg. Julle kan haar egter kontak by Studio 6

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Radio Omroeper - Frans Maritz

FRANS MARITZ , vars vanaf Nashville, terug in Suid Afrika, met die doel om Country Musiek in Suid Afrika 'n stap verder te vat, saai sy gewilde Afrikaanse Country musiek program uit op Maandae aande tussen 20:00 en 21:00 (SA Tyd), asook Vrydag aande, die selfde tyd. Frans is ook verantwoordelik vir verskeie van ons ROBOT DJ se programme, wat outomaties uitgesaai word, waaronder Afrikaanse Dansbaan Treffers wat 2 keer per maand uitgesaai word. Frans is verbonde aan Wildhorse Entertainment, wat Country musiek en kareoke vertonings landwyd aanbied.
Kontak Frans gerus op sy eie webblad by Wildhorse Entertainment of epos hom by Studio 8

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Radio Omroeper - Janie

JANIE, wat uitsaai vanaf Spanje op Maandae om 19:00 met haar program "Dit na Dat" en Donderdag aande om 22:00, met Trivial 30 en Gly of Bly, speel lekker musiek, en jy kan ook CD's wen op haar program.

Gedurende die Spaanse somermaande, bedryf sy 'n baie besige pizzeria aan die kus van Alcante, so gaan bestel jou pizza daar wanneer jy weer daar op vakansie is.

Janie het ook 'n blog wat sy so af en toe byhou, wat julle HIER kan lees. Julle kan haar egter kontak by Studio 9

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Radio Omroeper - Hanlie Greenberg (Mamma Kraai)

HANLIE GREENBERG ,Vanuit die hartjie van die Oos Vrystaat , is natuurlik die dryfkrag agter Raymond en Uitsaaines, en help om alles te ko-ordineer. Hanlie saai uit op Vrydae, tussen 13:00 en 14:00 met haar program Naweekpas , en net om almal se tydsones in te pas Vrydagaande 22:00 tot 23:00, en Saterdagaande 22:00. So as jy "khaya" koors kry en almal ver is as die naweek aanbreek, kom kry jou pas slegs op Naweekpas met Hanlie, waar sy ook altyd iets in die kas het vir ons Nederlandse luisteraars. Dan bied sy en Raymond ook Vrystaat Mambo aan op Sondae tussen 20:00 en 21:00. Bedags, wanneer Hanlie nie uitsaai nie, maak sy seker dat daai DJ ROBOT geolie bly, maar haar grootste werk is by Kraaipromosies, waar sy eintlik die septer swaai, geen wonder, Raymond en 'n hele klomp kunstenaars noem haar "Die Baas". Hanlie, saam met Raymond is ook die dryfkrag agter die baie suksesvolle Kraaipromosies, vandaar haar bynaam van Mamma Kraai.

Jy kan vir Hanlie kontak per epos: hanlie@uitsaaines.co.za

Hak Vrystaaaaat !!

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Help ons!

ADVERTEER HIER!

Kraaipromosies

Hulpstaaf

Gebeurtenisse

There are no upcoming events

Uitsaaines Winkel

Luister Radio!

Klik onder en luister, KANAAL EEN, ADSL hoespoed lyne, stereo kanaal.

Klik onder en luister, KANAAL TWEE, vir "Dial-up 56k modums" of stadiger spoed lyne, mono kanaal.

Laai Afrikaanse MP3's Af!

Die "Boere Generaal" is ook beskikbaar vir aflaai

Soek met Google

Custom Search

Skenkings

As jy van ons radiostasie hou, en graag 'n ietsie aan ons wil skenk, enige bedraggie is welkom, druk net op die "donate" knoppie.

Wie Kuier hier?

Besoekers: 8

AFRIKAANSE MAATS!

Wat is Nuut?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

TRACKBACKS laaste 2 dae

Geen nuwe trackback kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Media Gallery last 7 days

No new media items

Files last 14 days

No new files
No new comments

Poll

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

  •  Ja
  •  Nee
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 149 votes | 0 kommentaar
Klassieke Keur: Moet dit bly, of gly?

Moet Klassieke Keur wat Sondagaande om 21:00 SA tyd uitgesaai word, bly, of moet dit stop om plek te maak vir iets anders?

  •  Bly
  •  Gly
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 18 votes | 0 kommentaar
Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

  •  Oggende (SA Tyd)
  •  Tussen 12:00 en 14:00 (SA Tyd)
  •  Middae (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 18:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 20:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 22:00 (SA Tyd)
  •  Later in die Aande, na 23:00 (SA Tyd)
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 864 votes | 3 kommentaar