Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Uitsaaines.co.za
Wednesday, September 08 2010 @ 08:44 PM CDT

Studio 1 Tel nommer

Skakel die Ateljee by 087 941 6088 vanuit SA, of +27 87 941 6088 vanuit Buiteland tydens inbel programme

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Reguitklets 20 November 2008: Genadedood - ja of nee?

Genadedood – ‘n genade of nie?

In Reguitklets gesels Jean en Raymond vanaand oor die omstrede kwessie van genadedood.

Geloof is ook ’n bepalende faktor waarom mense daarvoor of daarteen is. Watter rol speel geloof in mense se beoordeling van genadedood?

Ons gaan kyk hoe voel dokters vir lewe oor genadedood en wat sou hulle standpunt wees oor die moontlike wettiging van genadedood in Suid-Afrika?

Daar word gepraat van aktiewe genadedood waar ’n aksie uitgevoer word (’n middel deur ’n medikus toegedien) wat die dood van ’n pasiënt tot gevolg het en passiewe genadedood wat die weerhouding of opskorting van behandeling is. Hoe voel dokters vir lewe oor die twee vorme van genadedood?

Maar ons praat ook met iemand wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het vir wie die mediese wetenskap niks meer kon doen nie. Is dit billik om iemand kunsmatig aan die lewe te hou terwyl daar geen hoop meer is dat so ‘n persoon ‘n sinvolle lewe kan leef nie?

Gesels gerus saam vanaand om 20h00 Suid-Afrikaanse tyd by www.uitsaaines.co.za of neem per e-pos deel aan die gesprek.

Voorstanders van genadedood gebruik argumente soos die kwaliteit van die pasiënt se lewe, die beginsel van selfbeskikking, sekere mediese argumente en genade-argumente, terwyl die teenstanders argumente soos die verskuiwingsargument, minagting vir die heiligheid van mense se lewens, die bedreiging van individuele outonomie en vele ander argumente gebruik.

Ons gaste is Japie Vermeulen, woordvoerder vir Dokters vir Lewe en Prof Fanie Olivier, Praktiserende Advokaat en bekende digter. Prof Olivier het eerstehandse kennis hoe dit voel as ’n geliefde van jou aan ’n ongeneeslike siekte ly en genadedood na die enigste haalbare opsie lyk.

Dokters vir lewe is gekant teen genadedood.


Moenie vanaand se Reguitklets om 20h00 Suid-Afrikaane tyd misloop nie. Die plek is www.uitsaaines.co.za Die program sal ook van more af op Uitsaaines se webblad as ‘n potgooi beskikbaar wees.

Jy kan saamgesels, jou vrae te vra, of jou mening hieroor te gee deur in te bel tydens die program, of 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom. Jy is welkom om nou reeds jou vrae of jou mening aan ons te epos.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

WAT IS JOU LIEFDESTAAL? KOM VIND UIT SAAM MET ONS.

"'N BOS ROSE VIR JOU"


WAT IS JOU LIEFDESTAAL? KOM VIND UIT SAAM MET ONS.
Ek gaan Dr. Gary Chapman se boek - "THE 5 LOVE LANGUAGES" saam met jou deurwerk. Dit is uiters belangrik indien jy 'n gelukkige huwelik wil he, of enige verhouding dat jy sal weet wat jou eie en jou maat se liefdestaal is. Ek het hierdie onderwerp behandel met groepe, en dit was verbasend hoe min ouens weet wat hul liefdestaal of hul maat s'n is. Ek is oortuig as jy uitgevind het wat jou en jou maat se primere en sekondere liefdestaal is dat jy 'n liefdesverhouding gaan he soos nooit. Ek kan jou dit waarborg. Ek wens net so baie jong paartjies wil ook hierdie boek deurwerk. Dit is die grootste geskenk wat jy aan enige paartjie kan gee maak nie saak of jy binnekort in die huwelik gaan tree en of jy alreeds 'n paar sakke sout saam met jou maat opgeeet het nie...... Kom sit nuwe sprankel in jou liefdesverhouding met jou maat....... al oorweeg jy dalk om te skei... HIER IS DIE ANTWOORD! Dit sal dalk nie te laat wees nie. Ek is 'n sterk voorstander vir hierdie boek. Dit is dan presies waaroor ek Sondag gaan gesels. Ek heg afskrifte van die vraelys en antwoordstelle. Doen dit intussen en hou dit byderhand vir Sondag se program. Onthou as jy my program Sondag uitgemis het, is daar 'n herhaling weer op Woensdag so jy kan dan die vraelys en antwoordlys saam met my behandel. En onthou daar is glad nie 'n NEGATIEWE OF POSITIEWE antwoord nie, al 5 die liefdestale is ewe belangrik! Ek sien baie uit om saam met julle te kuier Sondag. Hou my blog dop vir die vrae en antwoord lys en probeer dit uit druk. Hou jou pen en notaboekie ook byderhand. Groete Marli (Petuniaflower)
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Obamakoors gryp die wêreld aan! Reguitklets vanaand, 6 November 2008

Die politieke winde van verandering waai stormsterkte.

Die verkiesing van die sewe-en-veertigjarige Barack Obama as Amerika se 44ste president het die verbeelding van die ganse wêreld aangegryp.

Daar word selfs gepraat van ‘n nuwe wêreldorde wat voorlê wanneer Amerika se eerste swart president aanstaande jaar op 20 Januarie ingehuldig word.

Die uitgerekte oorlog in Irak en die finansiële chaos waarin Amerika hom op die oomblik bevind was twee van die deurslaggewende faktore wat Amerikaners geroepe laat voel het om vir grootskaalse verandering te stem. Maar was dit al rede?

In vanaand se program Reguitklets op Uitsaaines met Jean en Raymond gesels ons oor die nuwe tydvak wat voorlê vir die Veranderde State van Amerika en watter veranderings verwag kan word met Obama in die Withuis.

Watter gevolge hou Obama se verkiesing vir die res van die wêreld en spesifiek Afrika in?

Ons gas om saam hieroor te gesels is die bekende politieke kommentator Harold Pakendorf. Harold is ‘n bekende politieke ontleder, gewese koerantredakteur in Zimbabwe en Suid-Afrika en gesogte spreker. Hy is bekend vir sy skerp onafhanklike politieke kommentaar en het self ook verslag gedoen oor vorige Amerikaanse presidentsverkiesings. In die tagtigerjare is hy deur Perskor as redakteur van Vaderland in die pad gesteek omdat hy nie bereid was om sy onafhanklikheid as redakteur prys te gee nie.

Gesels gerus vanaand saam oor die politieke veranderings wat die wêreld getref het.

Ons gaan ook met Harold praat oor die politieke winde van verandering wat tans in Suid-Afrika waai en watter gevolge dit op die op die land se politiek gaan hê.

Moenie vanaand se Reguitklets om 20h00 Suid-Afrikaane tyd misloop nie. Die plek is www.uitsaaines.co.za Die program sal ook van more af op Uitsaaines se webblad as ‘n potgooi beskikbaar wees.

Jy kan saamgesels, jou vrae te vra, of jou mening hieroor te gee deur in te bel na tel 083 763 8908 tydens die program, of 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom. Jy is welkom om nou reeds jou vrae of jou mening aan ons te epos.

Klik op die speler om te luister.

Of as jy verkies kan jy die program hier aflaai, KLIK HIER 57 mb groot en in stereo

Vir dail-up aflaaie, KLIK HIER7 mb mono, klank kwaliteit effe swakker.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Orania! Geleentheid of Verleentheid? Reguitklets vanaand 30 Okt 2008 om 20:00

Orania! Geleentheid of Verleentheid?

Die Afrikanergroeipunt Orania vier vanjaar hulle twintigste bestaansjaar. Hierdie Afrikanergebied wat selfwerksaamheid onder Afrikaners wil bevorder is dikwels in die nuus.

Die eerste monument wat vir die koeksister opgerig is, staan in Orania, die dorp het sy eie geldeenheid naamlik die Ora en spog daarmee dat sy onderwysstelsel oor die wêreld bekend is vir pionierswerk op die gebied van afstandonderrig.

Orania is ook nie sonder omstredenheid nie. Die gemeenskap was pas weer in die nuus toe berig is dat ’n jong inwoner van die dorp ’n brief van die dorpsraad gekry het dat sy die dorp moet verlaat omdat sy nie die reëls nakom nie. Van die redes in die brief was dat sy glo vloek en saam met haar verloofde woon.

Ons gesels vanaand om agt uur Suid-Afrikaanse tyd in Reguitklets op Uitsaaines (www.uitsaaines.co.za ) met twee van Orania se inwoners om te hoor presies wat gaan in Orania aan, waarheen mik die gemeenskap en ook om agter die kap van die byl te kom oor die jongste berigte in die media. Die gaste wat saamgesels is Carel Boshoff (iv) een van die dorp se leiers en ons praat ook met ‘n jong inwoner van die dorp Nike Strydom (19) wat glo verteenwoordigend is van die jeug op Orania wat sal vertel hoe beleef jongmense dit om op Orania te woon.

Jy kan saamgesels, jou vrae te vra, of jou mening hieroor te gee deur in te bel na tel 083 763 8908 tydens die program, of om 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom.

Klik op die speler om te luister.

Of as jy verkies kan jy die program hier aflaai, KLIK HIER 60 mb groot en in stereo

Vir dail-up aflaaie, KLIK HIER7 mb mono, klank kwaliteit effe swakker.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Reguitklets vanaand, 23 Oktober 2008, Grondeise!

Word Suid-Afrika ‘n tweede Zimbabwe?

Grondeise en eiendomsreg is een van die sake waaroor Suid-Afrikaners ernstig bekommerd is wanneer daar oor die land se toekoms gepraat word. Boere sowel as grondlose mense se emosies loop hoog. In Zimbabwe was die grondkwessie die vonk in die kruitvat wat die land op sy knieë gedwing het.

Die ANC het pas aangekondig die omstrede Wet op grondonteiening wat vroeër vanjaar in die Parlement teruggetrek is, gaan weer by die Parlement ingedien word. Daarmee hoop die regerende party om weg te doen met die beginsel van “gewillige koper en gewillige verkoper” waaroor daar by Kodesa ooreengekom is.

Waarop stuur dit alles af en is Suid-Afrika op dieselfde koers as Zimbabwe? Vanaand in die program Reguiteklets op Uitsaaines (www.uitsaaines.co.za) gesels ons grondsake om agt uur Suid-Arikaanse tyd. Ons gaste is dr Deon Snyman van die Foundation for Church-led Restitution wat pas ‘n verslag oor grondrestitusie in KwaZulu-Natal opgestel het en mnr Dries Bruwer, uitvoerende hoof van die Bruboer Groep wat grondhervormingsprojekte in Suid-Afrika en res van Afrika bestuur. Hy is ook ‘n voormalaige president van die Transvaalse Landbou Unie.

Jy kan saamgesels, jou vrae te vra, of jou mening hieroor te gee deur in te bel na tel no 083 763 8908 tydens die program, of om 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom.

Klik op die speler om te luister.

Of as jy verkies kan jy die program hier aflaai, KLIK HIER 52 mb groot en in stereo

Vir dail-up aflaaie, KLIK HIER7 mb mono, klank kwaliteit effe swakker.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Reguitklets 16 Oktober 2008: Politieke storms woed om ons.

Die land se politieke toneel is besig om dramaties te verander namate ’n skeuring in die ANC nou onafwendbaar geword het. Die vraag op almal se lippe is hoe gaan die gebeure die groter politieke toneel in die land beïnvloed en wat is die moontlikheid van nuwe alliansies tussen opposisiepartye.

Een van die opposisiepartye in die parlement wat daarop aanspraak maak dat hulle eerder ‘n konstruktiewe rol wil speel as om slegs te kritiseer is die Vryheidsfront Plus waarvan dr Pieter Mulder die leier is.

In vanaand se program op Reguitklets (http://www.uitsaaines.co.za) om agt uur SA tyd gesels ons met dr Mulder om te hoor hoe sien sy party die jongste verwikkelinge in die Suid-Afrikaanse politiek en hoe raak die afgelope twee weke se gebeure rol van opposisiepartye en moontlike alliansies. Dr Mulder se party het glo allerhande planne vir die opposisie.

Jy kan saamgesels, jou vrae vra, of jou mening hieroor gee deur in te bel na tel no 083 763 8908 tydens die program, of om 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom.

Klik op die speler om te luister.

Of as jy verkies kan jy die program hier aflaai, KLIK HIER 52 mb groot en in stereo

Vir dail-up aflaaie, KLIK HIER 9.7mb mono, klank kwaliteit effe swakker.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Reguitklets vanaand 9 Oktober 2008 om 20:00, NGK en VGK praat oor verskille

Die gespanne situasie oor kerkeenheid tussen die oorwegend wit NG Kerk en die oorwegend bruin en swart Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) het verlede week tot ’n emosionele uitbarsting gekom tydens die VGK se Algemene Sinode op Hammanskraal.

Die NG Kerk se moderator, prof Piet Strauss het hom die gramskap van die sinode op die hals gehaal toe hy die VGK se moderator, prof Thias Kgatla, voor stok gekry het oor sekere uitlatings wat hy oor die NG kerk sou gemaak het.

Die sinode het besluit om alle formele gesprekke met die NG op te skort. Vanaand in die program Reguitklets op Uitsaaines gaan Jean en Raymond met twee van die kerke se leiers gesels oor hulle verskille.

Die moderator van die NG Kerk se Algemene Sinode, prof Piet Strauss, en die assessor van die VGK se Algemene Sinode, dr Mary Ann Plaatjies-van Huffel, is ons gaste.

Jean en Raymond gaan vanaand direk by hulle hoor waaroor gaan die verskille en hoekom sukkel die twee kerke so om een te word.

Prof Strauss se omstrede groeteboodskap sal ook bespreek word.

Jy kan saamgesels, jou vrae te vra, of jou mening hieroor te gee deur in te bel na tel no 083 763 8908 tydens die program, of om 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom.

Klik op die speler om te luister.

Of as jy verkies kan jy die program hier aflaai, KLIK HIER 53 mb groot en in stereo

Vir dail-up aflaaie, KLIK HIER 6mb mono, klank kwaliteit effe swak.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Die post Mbeki Suid-Afrika! Reguitklets vanaand om 20:00

Hierdie program is uitgestel.

Die post Mbeki Suid-Afrika!

Suid-Afrika het 'n nuwe president gekry in die persoon van mnr Kgalema Motlanthe. Daarmee word die Mbeki era finaal afgesluit.

Maar wat hou die post Mbeki era vir Suid-Afrikaners en spesifiek vir Afrikaanse mense in? Die Mandela bewind is gekenmerk deur 'n styl van versoening maar in die Mbeki era het die klem dikwels meer geval op die verskille tussen swart en wit of die sogenaamde twee wêreld ekonomieë.

In Reguitklets op Uitsaaines gesels ons vanaand met die mees senior lid in die Parlement, mnr Koos van der Merwe van die Inkatha Vryheidsparty , oor die post Mbeki Suid-Afrika en wat veral Afrikaanse mense te wagte kan wees van die nuwe administrasie.

Ons gaan ook probeer om 'n ANC parlementslid in die hande te kry om saam te praat

Skakel om agt uur in by http://www.uitsaaines.co.za en praat saam.


Jy kan saamgesels, jou vrae te vra, of jou mening hieroor te gee deur in te bel na tel no 083 763 8908 tydens die program, of om 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Reguit Klets, 18 September 2008. Is vroue Baas of Klaas

Is vroue baas of klaas?

Moet vroue in 2008 nog onderdanig wees aan hulle mans?

Wie is Klaas en wie is baas? Dit is die vraag wat die week weer op baie mense se lippe was nadat Angus Buchan onomwonde verklaar het die man is die hoof van die huis en vroue moet onderdanig wees aan hom. Buchan meen hoe liewer hy sy vrou het hoe meer onderdanig word sy aan hom.

Almal stem nie saam nie.

Vanaand om 20h00 in die program Reguitklets op Uitsaaines (www.uitsaaines.co.za) gesels Jean en Raymond oor die onderdanigheid van die vrou. Ons gaste is die bekende teoloog prof Christina Landman van UNISA wat bekend is vir haar uitgesproke standpunt teen chauvinisme. Dan het ons ook vir Dr Douw Breedt, Voorsitter van die Gereformeerde Kerke se laaste sinode van 2006, en mede skrywer van die boek "Manlik en Vroulik in die Kerk" wat die gereformeerde standpunt rondom hierdie saak gaan stel.

Angus Buchan is genooi om self sy saak te kom stel. Hy het laat weet dat hy graag sou wou saampraat. Agt uur in die aand is ongelukkig heeltemal te laat vir hom, sê hy. Gerugte dat sy vrou hom belet het om deel te neem is blote moedwillige bespiegeling en daar steek geen waarheid in nie ?

Om na die program te luister gaan na www.uitsaaines.co.za

Jy kan saamgesels, jou vrae te vra, of jou mening hieroor te gee deur in te bel na tel no 083 763 8908 tydens die program, of om 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom.

Klik op die speler om te luister.

Of as jy verkies kan jy die program hier aflaai, KLIK HIER

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Reguitklets, vanaand 4 Sept 2008, Krisis in Onderwys!

Onderwyskrisis !!!

Onderwys in Suid-Afrika verkeer in 'n oorlewingskrisis. By letterlik duisende van die land se ongeveer 25 000 skole is daar hoegenaamd geen sprake meer van skoolgaan nie.

Het Suid-Afrika se onderwys reeds in duie gestort of word die krisis in die onderwys oordryf? Dit is waaroor Jean en Raymond vanaand om 20h00 in die program Reguitklets gesels.

Ons gas wat saamgesels oor hierdie aktuele onderwerp is mnr Paul Colditz, Uitvoerende Hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas). Ons het ook 'n plaaslike onderwyser, Mnr Du Toit Neetling genooi om saam te gesels. Volgens mnr Colditz is die krisis in die onderwys baie groter as wat mense besef.

Intussen neem geweld by skole toe en ouers en onderwysers is diep bekommerd oor die gebrek aan dissipline by skole. Onlangse aanvalle deur mede skoliere op van hulle skoolmaats het die hele land aan die praat.

Wat kan ouers, kerke en onderwysers doen om hierdie krisis wat Suid-Afrika soos 'n orkaan getref het te help oplos en waarop stuur dit alles af? Skakel vanaand in op Uitsaaines by www.uitsaaines.co.za en neem deel aan die gesprek op Reguitklets.

Jy kan saamgesels, jou vrae te vra, of jou mening hieroor te gee deur in te bel na tel no 083 763 8908 tydens die program, of om 'n kletsboodskap te stuur via skype na reguitklets, of deur ons te epos by studio@uitsaaines.co.za. Ons sien uit om van ons luisteraars te hoor oor hierdie onderwerp. Elkeen se standpunt of kommentaar is welkom.

Klik op die speler om te luister.

Of as jy verkies kan jy die program hier aflaai, KLIK HIER

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Help ons!

ADVERTEER HIER!

Kraaipromosies

Hulpstaaf

Gebeurtenisse

There are no upcoming events

Uitsaaines Winkel

Luister Radio!

Klik onder en luister, KANAAL EEN, ADSL hoespoed lyne, stereo kanaal.

Klik onder en luister, KANAAL TWEE, vir "Dial-up 56k modums" of stadiger spoed lyne, mono kanaal.

Laai Afrikaanse MP3's Af!

Die "Boere Generaal" is ook beskikbaar vir aflaai

Soek met Google

Custom Search

Skenkings

As jy van ons radiostasie hou, en graag 'n ietsie aan ons wil skenk, enige bedraggie is welkom, druk net op die "donate" knoppie.

Wie Kuier hier?

Besoekers: 8

AFRIKAANSE MAATS!

Wat is Nuut?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

TRACKBACKS laaste 2 dae

Geen nuwe trackback kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Media Gallery last 7 days

No new media items

Files last 14 days

No new files
No new comments

Poll

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

Sal jy daarvan hou om op 'n Sondag na 'n erediens op Uitsaaines te luister?

  •  Ja
  •  Nee
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 149 votes | 0 kommentaar
Klassieke Keur: Moet dit bly, of gly?

Moet Klassieke Keur wat Sondagaande om 21:00 SA tyd uitgesaai word, bly, of moet dit stop om plek te maak vir iets anders?

  •  Bly
  •  Gly
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 18 votes | 0 kommentaar
Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

Wat is jou gunsteling tyd wanneer jy na Uitsaaines Live luister

  •  Oggende (SA Tyd)
  •  Tussen 12:00 en 14:00 (SA Tyd)
  •  Middae (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 18:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 20:00 (SA Tyd)
  •  Aande vanaf 22:00 (SA Tyd)
  •  Later in die Aande, na 23:00 (SA Tyd)
This poll has 0 more questions.
Results
Other polls | 864 votes | 3 kommentaar