Uitsaaines - Reguitklets

Reguitklets Obamakoors gryp die wereld aan!
Daar word selfs gepraat van n nuwe wereldorde wat voorle wanneer Amerika se eerste swart president aanstaande jaar op 20 Januarie ingehuldig word. Ons gas om saam hieroor te gesels is die bekende politieke kommentator Harold Pakendorf. Harold is n bekende politieke ontleder, gewese koerantredakteur in Zimbabwe en Suid-Afrika en gesogte spreker. Hy is bekend vir sy skerp onafhanklike politieke kommentaar en het self ook verslag gedoen oor vorige Amerikaanse presidentsverkiesings. In die tagtigerjare is hy deur Perskor as redakteur van Vaderland in die pad gesteek omdat hy nie bereid was om sy onafhanklikheid as redakteur prys te gee nie.

Reguitklets Orania
Orania! Geleentheid of Verleentheid? Die gaste wat saamgesels is Carel Boshoff (iv) een van die dorp se leiers en ons praat ook met n jong inwoner van die dorp Nike Strydom (19) wat glo verteenwoordigend is van die jeug op Orania wat sal vertel hoe beleef jongmense dit om op Orania te woon.

Reguitklets oor Grondeise
Grondeise en eiendomsreg is een van die sake waaroor Suid-Afrikaners ernstig bekommerd is wanneer daar oor die land se toekoms gepraat word. Boere sowel as grondlose mense se emosies loop hoog. In Zimbabwe was die grondkwessie die vonk in die kruitvat wat die land op sy kniee gedwing het.

Politieke storms woed om ons
In vanaand se program op Reguitklets (http://www.uitsaaines.co.za) om agt uur SA tyd gesels ons met dr Mulder om te hoor hoe sien sy party die jongste verwikkelinge in die Suid-Afrikaanse politiek en hoe raak die afgelope twee weke se gebeure rol van opposisiepartye en moontlike alliansies. Dr Mulder se party het glo allerhande planne vir die opposisie.

NGK en VGK praat oor verskille
Die moderator van die NG Kerk se Algemene Sinode, prof Piet Strauss, en die assessor van die VGK se Algemene Sinode, dr Mary Ann Plaatjies-van Huffel, is ons gaste.

Wie is baas en wie is klaas
Is vroue baas of klaas? Moet vroue in 2008 nog onderdanig wees aan hulle mans?Wie is Klaas en wie is baas? Dit is die vraag wat die week weer op baie mense se lippe was nadat Angus Buchan onomwonde verklaar het die man is die hoof van die huis en vroue moet onderdanig wees aan hom. Buchan meen hoe liewer hy sy vrou het hoe meer onderdanig word sy aan hom.Ons gaste is die bekende teoloog prof Christina Landman van UNISA wat bekend is vir haar uitgesproke standpunt teen chauvinisme. Dan het ons ook vir Dr Douw Breedt, Voorsitter van die Gereformeerde Kerke se laaste sinode van 2006, en mede skrywer van die boek "Manlik en Vroulik in die Kerk" wat die gereformeerde standpunt rondom hierdie saak gaan stel.